Dosyne takel Dash met boodskap van liefde
Dosyne takel Dash met boodskap van liefde

Dosyne takel Dash met boodskap van liefde

Legacy of Love se spanne kies jaarliks 'n saak wat die ryers motiveer om die uitmergelde woestynresies te voltooi.
Tielman van Lill
Die Legacy of Love-fietsryspan sal in Desember weer aan die Nedbank Desert Dash-bergfietsmarathon deelneem – dié keer gemotiveer deur hul strewe om geld in te samel vir gesinne wat geliefdes weens die Covid-19-pandemie verloor het.

Vanjaar sal die span 46 ryers hê wat die afstand vanaf Windhoek na Swakopmund aanpak, waarvan twee van die tweemanspanne deur Nedbank Namibië geborg word.

'n Spanlid en stigter van Legacy of Love, Ronel de Beer, sê die span sal hoofsaaklik vir gesinne ry wat geliefdes aan Covid-19 moes afstaan.

"Ons koester ons verhouding met Nedbank en die organiseerders, want sonder hul ondersteuning kon ons nie die aantal deelnemers bereik het wat ons gedoen het nie.”

De Beer, met twee Desert Dash-byeenkomste in aflosspanne agter die rug, sê elke jaar is die Dash uniek.

"Ek glo ons sal weer 'n uitdagende tyd hê, veral vanjaar, en ons moet dit net met die beste moontlike ingesteldheid aanpak. As Legacy of Love-ryers het ons 'n impak op die sport en die gemeenskap met ons boodskap om geloof te hê, hoop te behou en liefde te gee – veral in hierdie tyd."

Ronel sê dis die derde jaar dat sy en Sybrand, haar man, aan die Dash deelneem. Hulle was nie oorspronk­lik ywerige fietsryers nie. In 2017 het hul vriend Frank Vermeulen die Dash met wyle Lume (hul dogtertjie) se naam op sy kuite gedoen.

In 2018 het Sybrand se broer Johan saam met Corné Brand aan die Dash deelgeneem en hulle gevra om hemde vir die Legacy of Love-span te ontwerp. In 2019 het Ronel en Sybrand self besluit om aan die wedren deel te neem.

“Terwyl ek deel van 'n vierman­span was, het Sybrand met 'n solo-rit begin. Sy verhaal is regtig inspirerend. Verlede jaar was albei van ons in dieselfde viermanspan, aangesien hy hartprobleme gehad het en veronderstel was om dit rustiger te vat. Vanjaar het hy in Junie 'n driedubbele hartomleiding gehad en in Augustus het ons besluit om as 'n tweemanspan te registreer.”

Ronel sê geloof, hoop en liefde is vir Christene die drie vernaamste pilare. 'n Dieper blik op geloof, hoop en liefde word gevind in 1 Tessalonisense 1:3, waar Paulus dit verduidelik.

“Laat julle werk voortgebring word deur die geloof. Laat julle arbeid deur liefde gemotiveer word en geduldig wees met hoop in ons Here Jesus Christus.”

Legacy of Love se projekte sluit in Act of Kindness Comfort Boxes. Dit is persoonlike geskenkbokse wat gegee word aan mense wat trauma moet hanteer soos die verlies van 'n geliefde, ernstige siekte, egskeiding, aflegging ensovoorts.

“Elke boks het 'n boodskap van geloof, hoop en liefde, met items wat jou sal troos, streel en jou hoop gee. Die ontvanger sal weet dat iemand omgee en verstaan.

“Ons tweede projek is die Buddy Bench by laerskole. Dié rusbankie skakel eensaamheid uit en bevorder vriendskappe op die speelgrond. Die gedagte is om liefde aan ander kinders te betoon, afknouery te stop en diegene te vertroos wat alleen voel. Uiteindelik moet kinders die bank gebruik om hoop, liefde en geloof te versprei. 'n Sterk boodskap van omgee en liefde vergesel die banke.”

Nog 'n projek behels spanne of individue wat in die Legacy of Love-klere kan deelneem en sodoende bewustheid en finansiering vir projekte kan skep. Legacy of Love reël ook besoeke aan toevlugsoorde vir gesinne, kinders en spanne om te herstel en te herbou deur spesifieke programme.

Die Legacy of Love-ryers vanjaar sluit in Anri Parker, Danie van Aswegen, Jan van Blerk, Hentie Hough, John Valentine, Pierre Lambert, Joachim Klitzke, Daneel van der Walt, Tjaart van der Walt, Cobus de Waal, Francois Smit, Johan Fourie, Gert Maritz, Gregor von Medeazza, Sybrand en Ronel de Beer, Johan en Adriana de Beer, Johann Liebenberg, Anja Potgieter, Gerard Tromp, Schalk van der Merwe, Kallie Grunschloss, JG van der Westhuizen, Hannes Tait, Grant en Petra Müller, André Delport, André Smit, Ingram en Jo van Heerden, Johann en Christine Mouton, Philippus en Christelle Tromp, Cyril Kitching, Karel Esterhuizen, Clinton Mcelhone en Jean Langeveldt.

FOTO
Van links is JG van der Westhuizen, Kallie Grunschloss, Ronel de Beer en Sybrand de Beer. Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.13 | EUR to NAD 19.88 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.3 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.99 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.78 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.31 | USD to ZMW 25.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 380.30/OZ UP +1.04% | Copper US$ 4.86/lb DOWN -0.0031 | Zinc US$ 2 987.50/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 82.78/BBP DOWN -0.0047 | Platinum US$ 1 054.76/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.13 | EUR to NAD 19.88 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.3 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.99 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.78 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.31 | USD to ZMW 25.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 380.30/OZ UP +1.04% | Copper US$ 4.86/lb DOWN -0.0031 | Zinc US$ 2 987.50/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 82.78/BBP DOWN -0.0047 | Platinum US$ 1 054.76/OZ UP +1.05%