Dool en doleer
Dool en doleer

Dool en doleer

Mandy Rittmann
BLIKBREIN SKRYF:

Dankie vir die nuwe woord “doleer” wat ek vandag geleer het.

Die huidige NG kerk-woelinge is net ou swere wat weer sigbaar deur-etter. Die kerkleiers verteenwoordig al hoe meer 'n eksklusiewe groep wat toenemend kontak met die gewone lidmate verloor.

Twispunte word eerder onder die mat gevee as om die oorsake beslis aan te spreek. Onthou Belhar?

Rigtinggewende besluite wat van die leierskap moet kom, word veiligheidshalwe afgewentel na die lidmate vir selfbeskikking.

Godsdiens is egter nie 'n demokrasie nie en die punt is nou bereik waar die gemeente vir die leierskap moet preek en hulle beter luister.

Kommentaar

Republikein 2025-08-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer