Doodstraf dalk vir SA man in S-Soedan
Die noue bande van 'n Suid-Afrikaanse man aan die voormalige visepresident van Suid-Soedan kan hom nou duur te staan kom.
Die doodstraf staar ’n Suid-Afrikaner in Suid-Soedan in die gesig as hy skuldig bevind word op aanklagte van onder meer sameswering om die regering omver te werp en die verskaffing van wapens, het sy prokureur Dinsdag gesê.
Sy medebeskuldigde het die doodstraf gekry.
Die Suid-Afrikaner, William John Endley, was ’n raadgewer van Riek Machar, wie se magte sedert 2013 in ’n burgeroorlog teen pres. Salva Kiir se lojaliste gewikkel is.
Die Suid-Soedanse hooggeregshof het Maandag die doodstraf opgelê aan James Gatdet Dak, ’n voormalige woordvoerder van Machar, asook 21 jaar tronkstraf weens opswepery en sameswering teen Kiir se regering.
Die aanklagte teen Endley, ’n afgetrede weermagkolonel, is sameswering om die regering omver te werp, spioenasie en die verskaffing van wapens, het sy prokureur, Gardit Abel Gar, aan Reuters gesê.
Hy is ook aangekla van oproerigheid, sabotasie, terrorisme en dat hy Suid-Soedan onwettig binnegekom het.
Die presiese aanklagte teen Endley was voorheen onduidelik.
Die Suid-Afrikaanse departement van buitelandse sake het nie gereageer op ’n versoek om kommentaar nie.
Die hof is tot môre verdaag nadat getuies vir die verdediging nie opgedaag het nie.
’n Familielid van Endley sê Suid-Afrikaanse amptenare het hard gewerk om konsulêre hulp te verleen, maar die regering kon meer gedoen het.
“Ons kon nie daarin slaag om die getuies in die hande te kry nie. Van hulle is in die buiteland,” sê Gar.
Volgens Gar gee die hof hom nie genoeg tyd om getuies in die hande te kry nie.
Suid-Soedan, wat in 2011 onafhanklikheid van Soedan gekry het, het in 2013 in ’n burgeroorlog verval nadat Kiir vir Machar, toe sy adjunk, afgedank het.
Tienduisende mense is dood in die konflik en ’n derde van die bevolking het gevlug.
Machar, wat na die Demokratiese Republiek van die Kongo gevlug het nadat hewige gevegte in Julie 2016 in Djoeba uitgebreek het, is nou in Suid-Afrika.
Diplomatieke en politieke bronne sê die Suid-Afrikaanse owerhede hou hom op ’n onbekende plek aan om hom van deelname aan die konflik te weerhou.
Die Suid-Afrikaanse regering sê hy het Suid-Afrika toe gekom vir mediese behandeling en is “as ’n gas van die regering” in die land.
’n Familielid van Endley wat anoniem wil bly, sê Suid-Afrikaanse amptenare het hard gewerk om konsulêre hulp te verleen, maar die regering kon meer gedoen het.
“Hulle het ons gehelp om geld en pakkies by hom te kry, maar ek dink meer kon op diplomatieke vlak gedoen word.” – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie