Donna en die droomman
Donna en die droomman

Donna en die droomman

Jacqueline Louw
Donna Ferguson is ’n eenkantmens en ’n realis.
Maar wanneer sy by ’n kunsuitstalling oogkontak maak met ’n wildvreemdeling wat ruwe manlikheid uitstraal, doen sy iets wat glad nie in haar aard is nie. Sy soen hom sowaar in die galery se tuin.
Donna dink sy sal hom nooit weer sien nie, maar dan daag hy by haar voordeur op . . . saam met haar suster, Karen. Donna se droomman en Karen se nuwe liefde, veearts Pieter Visser, blyk een mens te wees. Dit lyk asof Donna weer iets kosbaars aan Karen moet afstaan omdat sy mos blonder en jonger is – maar veral omdat haar kleinsus siek is. Al is die aantrekkingskrag tussen Donna en Pieter hóé sterk, kan sy nie haar verliefde suster se swak hart waag nie.
• Donna en die droomman (ISBN: 9780624071150) is deur Satyn vrygestel.

Kommentaar

Republikein 2025-08-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer