Dolleeg
Dolleeg

Dolleeg

Dani Booysen
PEET VENTER (SNR) SKRYF:

Vir reeds langer as drie maande het die groot skrik ons getref en bewe ons nog altyd saam met die res van die wêreld.

Die ou spreekwoord is waar: "om jou melk weg te skrik". Ja, ons uiers is léég – dolleeg – op alle terreine: ekonomies, onderwys, gesondheid, maatskaplik.

Ook hier diep binne-in.

Danksy daaglikse gedrukte en aanlynmedia, is die nasie goed ingelig. Lees maar net van die regering se warm- en koueplaat riele (danse) om beheer te probeer uitoefen, te midde van chaos en offisiële borrelblasery.

Slaafs dra ons oral ons neusmussies en laat ons ons hande reinig. Maar wat van ons harte?

Saam met die sogenaamde CO19-pes is rassehaat in al sy sataniese vorme besig om globaal los te bars. Kyk maar net hier by ons – Henties se galgtougrap, Walvis se vuilbekkige vroue op hul selfone en nóg en nóg.

En dit alles by ons in 2020!

Johannes gee aan ons in Openbaring 22:11 egter iets om ter harte te neem en nie maar net te ignoreer nie (lees gerus self): "Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word.

Kommentaar

Republikein 2026-07-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer