Dollar plaas druk op rand, goudprys
Elvira Wood
Dit is nie net die rand wat kleitrap teenoor die dollar nie, maar ook goud. Albei het vroeg gisteroggend steeds teenoor die Amerikaanse geldeenheid teruggesak. Die rand het teen R14,72 teenoor die dollar teruggesak terwyl goud tot US$1 217 per fynons teruggesak het.
Goud het Maandagoggend teen US$1 233 per fynons verhandel.
Reuters berig die wel en weë van verskeie geldeenhede is te danke aan die sterker dollar.
Die rand het gisteroggend vroeg teen R18,93 teenoor die Britse pond en R16,71 teenoor die euro verhandel.
Met die hulpbronne staan sake so:
• Goud: US$1 217 per fynons
• Platinum: US$841 per fynons
• Olie: US$74,64 per vat
Digitale geld
• Bitcoin: US$6 312,85
• Ethereum: US$197,49 – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie