Dollar bult steeds spiere
Elvira Wood – Die Amerikaanse dollar het reeds Maandagoggend vroeg spiere begin bult.
CNBC berig dit het reeds vroegoggend teen verskeie geldeenhede verstewig.
Dit kom nadat goeie Amerikaanse indiensnemingsyfers Vrydagaand bekend gemaak is.
Sterk werkskepping in Amerika beteken die ekonomie daar is op koers, wat Amerikaanse sentrale bankiers kan noop om rentekoerse te verhoog.
Dit sal dit vir valutahandelaars aantrekliker maak om hul rande te verkoop en dit in dollar te belê om voordeel uit die beter Amerikaanse rentekoerse te trek.
CNBC berig dat kommer oor die dreigende handelsoorlog tussen die VSA en China die dollar ’n verdere hupstoot gegee het.
Die rand het Maandagoggend vroeg teen R15,27 teenoor die dollar verhandel.
Dit het teen R19,27 teenoor die Britse pond en R17,92 teenoor die euro verhandel.
Met die hulpbronne staan sake só:
· Goud: $1 193 per fynons
· Platinum: $787 per fynons
· Olie: $77,26 per vat
Digitale geld
· Bitcoin: $6 297,28
· Ethereum: $198,77 – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie