Dokument vir toetsing vir Covid-19 word 'gefinaliseer'
Henriette Lamprecht – Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê ’n dokument wat duidelik die protokol vir toetsing vir Covid-19 uitstip, word nog gefinaliseer.
Shangula het gereageer op dr. Kaveto Sikuvi van die sentrum vir siektebeheer en -voorkoming (CDC) wat op Walvisbaai gesê het pasiënte wat positief vir Covid-19 getoets het en in isolasie is, gaan voortaan ontslaan word ná 14 dae sonder dat hulle eers twee keer negatief vir die siekte moet toets. Sikuvi is wyd in plaaslike media aangehaal dat die voorgestelde isolasietydperk nie meer langer as 14 dae sal wees nie.
Shangula het egter by navraag gesê dit is verkeerd.
“Die artikel is verkeerd. Ons sal duidelik die protokol vir toetsing verduidelik,” het hy gesê. ’n Dokument waarin die betrokke protokol vervat is, word volgens die minister nog gefinaliseer.
Leandrea Louw berig uit Walvisbaai Sikuvi het tydens ’n besoek aan die jeugsentrum op Hentiesbaai gesê persone met Covid-19 kan ná sowat 14 dae nie meer mense aansteek nie. Sikuvi is deel van die hoëvlak-regeringsafvaardiging wat tans op grondvlak die situasie op Walvisbaai ondersoek.
Volgens Sikuvi is die antwoord oor waarom positiewe inwoners “skielik ontslaan word” baie eenvoudig.
“Ons het vasgestel ná ’n sekere tydperk is mense nie meer aansteeklik nie. Dit beteken hulle kan nie meer ander mense aansteek nie,” het Sikuvi gesê.
Volgens hom is die eerste tien dae waarin ’n persoon Covid-19 opgedoen het, die belangrikste.
“Dit is die tyd wanneer die persoon die aansteeklikste is en dit na ander kan oordra. Studies toon ’n persoon is ná ’n sekere tydperk nie meer aansteeklik nie en dié tydperk is sowat tien dae en meer.”
Volgens Sikuvi gaan MoHSS dié nuwe riglyne by hul standaardprosedures vir Covid-19 voeg.
Hy het egter beklemtoon dit beteken nie die oomblik wanneer ’n persoon nie meer aansteeklik is, hy nie meer gesondheidsregulasies moet nakom nie. Dit sluit die dra van ’n masker, sosiale afstand en gereelde handewas in.
Sikuvi sê ’n persoon kan ná ’n sekere tydperk weer met Covid-19 besmet word. Die tydperk wissel van drie tot ses maande.
“Na drie tot ses maande kan jy weer besmet word.
Regulasies van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) vereis dat ’n Covid-19-pasiënt twee keer en wel 24 uur uitmekaar, negatief vir die siekte moet toets voordat aanvaar word hy of sy het ten volle herstel. Met verwysing na pasiënte wat uit isolasie ontslaan kan word sonder dat hulle weer getoets is, sê die WHO pasiënte met simptome kan tien dae ná die aanvang van hul simptome plus ten minste drie bykomende dae sonder simptome (koors en sonder asemhalingsprobleme) ontslaan word. Vir asimptomatiese gevalle is dit tien dae na ’n positiewe toets.
Die riglyne gebruik die voorbeeld van sou 'n pasiënt simptome vir twee dae gehad het, kan hy of sy ná tien plus drie dae (13 dae) uit isolasie ontslaan word, m.a.w. 13 dae vandat die persoon simptome begin toon het. Vir 'n pasiënt met simptome vir 14 dae is die som 14 plus drie dae, m.a.w. 17 dae ná die aanvang van simptome.
Die WHO-riglyne beklemtoon lande kan voortgaan om toetsing te gebruik as deel van kriteria om persone uit isolasie te ontslaan. Die kriteria geld vir alle Covid-19-gevalle ongeag die erns van die siekte of ligging.
Intussen het die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Esther Muinjangue, bekend gemaak sommige pasiënte by die Hentiesbaai Jeugsentrum gaan ontslaan word. Die sentrum dien tans as Covid-19-kwarantyn- en isolasiegeriewe.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie