Dokter met verlof gestuur weens u201cdronkbestuuru201d-video
Dokter met verlof gestuur weens u201cdronkbestuuru201d-video

Dokter met verlof gestuur weens “dronkbestuur”-video

NAMPA
Volgens die Namibiese nuusagentskap Nampa is ‘n Zimbabwiese dokter wat op Otjiwarongo diens doen, geskors weens die aanlynvideo waarin hy onder die invloed bestuur.
Nampa beskryf dit as gedwonge verlof.
Dr. Yevai Shiradza is beopdrag om vir ‘n onbepaalde tyd met verlof te gaan. Hy mag nie sy voet naby ‘n staatshospitaal of –kliniek sit nie.
‘n Blaastoets kon geen alkohol op die dokter se asem opspoor nie. Hy is daarom nie in hegtenis geneem nie.
Ander dwelms of mediese middels word nie uitgesluit nie en die polisie-ondersoek duur voort.

Kommentaar

Republikein 2025-05-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer