Dokter in belastingstryd gaan appelleer
'n Mediese dokter het die eerste ronde van sy hofgeding oor die terugbetaling van meer as N$22 miljoen teen die Namibiese belastingowerhede verloor.
Jacqueline Louw – Dokter David Mugimu van Oshakati het op 19 Mei in die hoërhof in Windhoek gehoor sy aansoek om die nagenoeg N$22,2 miljoen terug te kry wat die ministerie van finansies in Maart uit sy bankrekenings onttrek het, was nie geslaagd nie.
Adjunk-regter-president Hosea Angula het die dringende aansoek van die hand gewys waarin Mugimu vra dat die Bank of Namibia (BoN) die geld terugbetaal wat in die rekening van die regering by die sentrale bank inbetaal is nadat dit uit Mugimu se rekenings onttrek is. Die geld uit Mugimu se rekeninge is op instruksies van die kommissaris van binnelandse inkomste onttrek.
Mugimu het die minister van finansies, die kommissaris van binnelandse inkomste, Bank Windhoek, die BoN en die aanklaer-generaal gedagvaar in 'n poging om sy geld terug te kry.
Volgens Mugimu was sy belastingsake in orde en is hy in besit van bevoegdheidsertifikate van die ontvanger. Hy sê verder die ministerie van finansies se belastingaanslag en instruksies om die geld in sy bankrekeninge direk aan die ontvanger oor te betaal, is drakonies, onredelik en onbillik. Hy noem verder dat hy die tweede meeste MIV/vigs-pasiënte as private dokter in Namibië bedien en dat die minister se optrede teen hom verhoed dat hy sy pasiënte van lewensnoodsaaklike medisyne kan voorsien.
Volgens ’n beëdigde verklaring deur die kommissaris van binnelandse inkomste, mnr. Justus Mwafongwe, skuld Mugimu die ontvanger N$17,7 miljoen in belasting, N$17,7 miljoen in boetes en rente van N$2,5 miljoen. Die ministerie van finansies beweer Mugimu het sy inkomste onderverklaar in ’n poging om belasting te ontduik. Mwafongwe sê voorts Mugimu skuld N$37 972 687,14 vir die belastingjare 2014, 2015 en 2016.
In sy beëdigde verklaring sê Mugimu egter die ministerie se berekening van sy inkomste is verkeerd. Ook dat dit die inkomste wat in sy besigheidsrekening vanaf 2014 tot 2017 inbetaal is, met N$10,8 miljoen oorskry en nie toegelate aftrekkings in ag neem nie.
Staatsprokureur Mathias Kashindi het namens die respondente in sy betoë genoem dat groot verskille gevind is tussen die inkomstebedrae wat deur Mugimu verklaar is en bedrae wat die staat se mediese fonds, PSEMAS, aan hom betaal het. In ’n verslag deur die BoN se finansiële intelligensie-sentrum blyk dit Mugimu het die afgelope twee jaar nagenoeg N$26 miljoen van PSEMAS geëis.
Mugimu se regsverteenwoordiger, mnr. Sisa Namandje, het intussen aangedui dat sy kliënt by die hooggeregshof gaan appèl aanteken om die bykans N$22,2 miljoen terug te kry wat uit sy bankrekenings geneem is.
Regter Angula het in sy uitspraak uitgewys dat kragtens artikel 76 van die Namibiese belastingwet die verpligting om te betaal en die reg om enige belasting te ontvang en te verhaal, tensy die minister aldus gelas, nie opgeskort word deur middel van ’n appèl of hangende die beslissing van ’n geregshof nie. Hy het na dié beginsel as “betaal nou en kibbel later” verwys.
Die saak is tot 7 Junie vir ’n saakbestuurkonferensie voor regter Angula uitgestel.
Die minister van finansies en die kommissaris van binnelandse inkomste word deur staatsprokureur Mathias Kashindi verteenwoordig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie