Dok Wotan verloor sy laaste stryd
Des Erasmus - Op ‘n sending na die binneland is gemeen dit was ‘n gelukskoot toe Wotan Swiegers doer op die oewers van Usakos se Khanrivier raakgeloop is waar hy om ‘n kommetjie koffie aan ‘n vleispasteitjie gesmul het. Die hoop het bestaan dat die gesprek in die rigting van die internasionale konferensie oor die gevare van uraanbestraling gestuur kon word wat hy pas in die buiteland bygewoon het.
Daaroor kon gepraat word, maar vir dr. Wotan Swiegers was daar ‘n belangriker besprekingspunt. Dit was oor hoe wonderlik dit vir hom is om terug in Namibië te wees. Dit was die einde van sy hunkering huis toe en na die vleispotte van sy heimat ná die gejaagdheid en bleek gesofistikeerdheid van die buiteland.
Ook in latere ontmoetings het hy dikwels na daardie gesprek verwys wat die vryheid van die natuur gebied het.
Dr. Wotan Swiegers (72) van Swakopmund was een van Namibië se legendariese geneeshere. Hy het gisteroggend in ‘n Swakopmundse hospitaal gesterf. Hy was ‘n kankerlyer en die dood het ingetree nadat hy teen die middel van April ‘n groot operasie ondergaan het waarna hy tot gister ‘n stryd teen die dood gevoer het.
Dr. Swiegers word deur sy vrou, Elmarie, en twee seuns, Wotan en Willem, oorleef. Die seuns woon albei nou in Australië. Soos Elmarie het hulle dr. Swiegers in sy laaste dae bygestaan. In die lewe het hy eers as dokter op Grootfontein gepraktiseer, toe in Suid-Afrka verder gespesialiseer, waarna hy as myndokter van Rössing, die groot uraanmyn in die Namib, teruggekeer het en daarna weer een van Swakopmund se algemene praktisyns was.
Sy belangstelling in die gevare van bestraling het hom ook tot in die amp van voorsitter van die Uraaninstituut gevoer.
Dok Wotan, soos wat Swakopmunders hom geken het, was ook lief vir die kragdadigheid van die woord en het self oor die menslike liggaam te woord gegaan.
“The body is our closest ally and our greatest enemy. We inhabit it and cannot escape it. We wake with it and we die with it. The body will kill us even when our minds resist. Our body is our primordial identity, but still we ask: Who are we? What are we? By the time you get close to the answers it is nearly all over.”
Dok Wotan het in sy laaste jare voor die groot siekte weer op Swakopmund gepraktiseer. Tydens sy loopbaan op die kusdorpe het hy vanweë sy kennis en belangstelling ook ’n belangrike bydrae in die stigting van die longkliniek op Walvisbaai gelewer.
Hy was ook ‘n natuurmens met ‘n strewe tot bewaring. Verlede jaar was hy met die Brandberg Rhino Run met Uis as basis onder die eregaste. Juis in die natuur het hy fotografie as een van sy stokperdjies beoefen. Van Swakopmund was Omaruru een van sy gewilde wegbreekplekke met ‘n lewenslange vriendskap wat hy met die bekende Charles Zandberg, ‘n kenner van minerale, gevoer het.
Zandberg het gister gesê hy en Dok Wotan se kennis strek sedert hul laerskooldae op Springbok in Namakwaland. Dit was die begin van ‘n lewenslange “broersheid” wat veral die afgelope 12 jaar hegter geword het. “Wanneer Wota op Omaruru kom kuier het, het ons mekaar ontmoet. Gaan ek Swakopmund toe, het ek en Wotan koffie gaan drink,” het Zandberg aan Republikein gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie