Dok Pool: Plattelanders ken óók van swaarkry
Rugby
Deur Dok Gerrit Pool – Siya Kolisi se vertelling van sy stryd om sy passie vir rugby te kon uitleef, herinner my tot ’n mate aan dit wat ons as plattelandse kinders in rugby ervaar het.
Ek was in die begin 1950’s op skool by Hoërskool Otjiwarongo in die noorde van Namibië. Die skool het in sy ontstaansjaar ongeveer 150 leerlinge gehad.
Dis seuns en meisies van st. 6 tot matriek, deesdae gr. 8 tot gr. 12. Hierdie Simonsbende moes oor groot afstande op sportgebied meeding met groter hoërskole, soos die Hoërskool Windhoek.
Die skool se rugbyspan het gewoonlik vier wedstryde per jaar gespeel. Twee teen ander skole en twee teen die dorp se tweede span.
In ’n gemeenskap waar mense weens die tekort aan huise in agterplase in buitegeboue of klein plankhuise gebly het, was rugby en netbal, naas die kerk en skool, die twee faktore wat die gemeenskap saamgesnoer het.
Daarvoor het ons twee wedstrydoefeninge per week gehad. Almal, ongeag ouderdom en gewig, het saam geoefen. Die kleinstes moes langs die veld wag tot die laaste tien minute en kon dan speel met die uitdruklike voorwaarde dat die groter seuns hulle nie mag duik nie!
Ná die oefening het ons as dorpsleerlinge gewag vir die dorpspan se spelers wat op dieselfde dae geoefen het. Agter die pale het ons vir hulle balle gevang en teruggeskop. Van wetenskaplike oefenmetodes was daar nie sprake nie; altans nie tot die drie Greeff-broers uit die WP gekom het en alles verander het nie.
Met so min skolewedstryde was ons seuns van die dorpspanne se grootste ondersteuners. Elke tuiswedstryd is geesdriftig ondersteun.

Vroeg Saterdae is die motors en bakkies op die beste uitkykpunte om die rugbyveld getrek. Kosmandjies en koffiebottels is op die masjienkappe staangemaak.
Wat is ons kanse vandag? Weet die skeidsregter wat hy moet doen en hoe gaan dit met die boerdery, is onderwerpe waaroor gesels is. Twee sake was taboe. Politiek is nie gepraat nie en alkohol moes wag tot ná die eindfluitjie.
Die enigste messe op die terrein was die Joseph Rodgers-sakmesse waarmee die biltong en die koue vleis gekerf is.
Wedstryde was so hard en genadeloos soos die grondvelde waarop gespeel is. Ons tuisveld was ’n klipharde grondveld met ’n dun lagie growwe sand daaroor. Skuurpapier, kan mens sê! Knieskerms en opgestopte rugbybroeke moes die knieë en heupe teen sandskaafplekke beskerm.
Elke span se ondersteuners was deurentyd betrokke en advies aan spelers en skeidsregter is mildelik uitgedeel. Veral die tuisskeidsregters het soms geluister!
Toe die groot stap ná skool na die rugbymekka Stellenbosch toe.
Die o.19-proewe was ’n belewenis.
Nooit vantevore het ek soveel rugby-erebaadjies gesien nie. Proefspanne van A tot H het mekaar ’n week lank gepak om die spelers te sif. Die boonste spanne het gewemel van spelers uit die elite-skole en ons klompie onbekende plattelanders moes maar tevrede wees met plekke in die onderste spanne.
Die boodskap van die klub was duidelik: Kla gaan jou nêrens bring nie. Hard oefen en baie sweet wel. Daarom het dit op dae wanneer daar nie amptelike oefeninge was nie, op die oop velde gewemel van spelers wat óf hul eie vaardighede óf saam met spanmaats hul kombinasies geoefen het.
Die mededinging was straf. In ’n stadium was die skrumskakels in Stellenbosch se eerste drie spanne – Dawie de Villiers, Dirk de Vos en Tertius Delport – óf Springbokke óf provinsiale spelers! Selfs die latere Springbokvleuel Gertjie Brynard was by geleentheid skrumskakel.
Plek vir prima donnas was daar nie. Die klub se ongeskrewe erekode was dat die spel altyd groter as die individu is.
Diegene wat hulle daarbo probeer verhef het, is gou-gou twee, drie spanne laer “gedrop” totdat hulle tot ander insigte gekom het.
So, Siya Kolisi, wanneer jy sê dat jy deur swaarkry gekom het waar jy vandag is, kan ek dit gedeeltelik verstaan.
Passie vir die spel en vasbyt in swaarkry was ook deel van ons plattelandse seuns se rugbyloopbane.
Ons het dit net nie aan die groot klok gehang nie. Daardie passie vir die spel, ten spyte van omstandighede, is wat die verskil maak.
Charles Swindoll het geskryf: “We cannot change the past. The only thing we can do is play on the one string we have, and that is our attitude.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie