Dogter vereer ma deur liefdadigheid
Nangula Geingos help minderbevoorregtes met skenkings en toegang tot hulpbronne.
Tanja Bause – In 2014 het me. Priscilla Geingos, beter bekend as Antie Patty, haar stryd teen kanker verloor.
Haar dogter, me. Nangula Geingos, het erg gesukkel om haar dood en afwesigheid te verwerk.
“Ek het in Desember 2015, ’n jaar ná my ma se dood, besef ek nie so kan aangaan nie, en dít is nie die beste manier om eer aan haar te betoon nie. Ek moes die energie kry en iets vind om te doen wat haar sou vereer. Daarom het ek die Patty’s Heart Foundation begin,” het sy gesê.
Volgens Geingos was haar ma altyd opbouend, koesterend en liefdevol en het sy vir kinders omgegee en hulle graag aangemoedig. Veral meisies het haar na aan die hart gelê.
Die Patty’s Heart Foundation ondersteun graag kleuterskole en plekke van veiligheid met toegang tot verskeie hulpbronne.
“Baie vroue en mans in die streek sorg vir wees- en minderbevoorregte kinders – met baie min hulpbronne tot hul beskikking. Hulle doen dit elke dag. Ons ondersteun hulle onder meer met kosskenkings,” het sy gesê.
“Daardie vroue is die werklike helde. Hulle probeer met bitter min ’n verskil maak. By baie van die organisasies het buitelandse hulp opgedroog en tog gaan hulle voort. Baie onderwysers is voorheen betaal, maar omdat daar nie meer geld is nie, is hulle nou vrywilligers en gaan hulle sonder betaling voort. So, ons help waar ons kan en waarmee ons kan.”
Patty’s Heart deel ook in die winter tweedehandse klere en komberse aan minderbevoorregte mense uit.
“Namibiërs het baie goeie harte en hulle wil graag gee. Ons is die tussenganger tussen dié wat wil gee en dié wat dit benodig. Mense kan my kontak en ek sal alle skenkings versprei onder dié wat dit die meeste nodig het,” het Geingos gesê.
“Ek ken die regte mense en sal van hulle gebruik maak om ander te help, eerder as vir my eie gewin.”
Geingos se groot droom is om eendag ’n gemeenskapsentrum te hê waar kinders ’n veilige plek het om ná skool te speel en te leer, en waar hulle ook ’n maaltyd kan ontvang.
Daar is tans 10 organisasies in Windhoek en op Otjiwarongo wat by die Patty’s Heart Foundation se werk baat.
“Maar ons wil uitbrei en mense graag in al 14 landstreke ondersteun. Ons sal dit doen en sodoende kan ek my ma, en wie sy was, regtig vereer,” het sy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie