Doen weg met die loot, vra Faf
Krieket
Faf du Plessis, kaptein van Suid-Afrika se krieketspan, is ’n groot voorstander daarvan dat daar weggedoen word met die loot voor toetse en glo só ’n stap sal die tuisveldvoordeel verminder en meer balans in die spel tot gevolg hê.
Die Internasionale Krieketraad het in Mei dié voorstel bespreek, maar uiteindelik besluit om voort te gaan met die tradisie wat reeds sedert die eerste kragmeting tussen Engeland en Australië in 1877 deel van toetskrieket is.
“Ek sal graag wil sien dat daar met die loot weggedoen word,” het Du Plessis gesê nadat sy span Saterdag binne drie dae die eerste toets teen Sri Lanka verloor het.
“Ek glo ons sal in Suid-Afrika steeds ons kolfblaaie op dieselfde wyse voorberei (om naatboulers te bevoordeel), maar daar sal tog meer balans in wedstryde wees.”
In Galle, waar Sri Lanka die loot gewen het, het die tuisspan sy draaiers losgelaat en het hulle uiteindelik 17 van die 20 Suid-Afrikaanse paaltjies laat kantel.
Die Proteas kon ’n skamele 126 en 73 lopies in hul twee kolfbeurte aanteken op ’n blad wat die draaiers bevoordeel het.
“Tuisspanne sal in hul eie toestande steeds die meerderheid van die toetse wen, maar as jy die loot uit die vergelyking neem, sal dinge meer gelykop verloop,” sê Du Plessis.
“Die laaste twee, drie jaar het spanne toenemend gesukkel in wegreekse en ons sien al meer toetse wat korter duur as vantevore.”
Die blad in Galle het aansienlike draai en wip vir die stadige boulers gebied en Sri Lanka se eerstebeurt-voorsprong van 161 lopies was uiteindelik deurslaggewend, aangesien Suid-Afrika nie staande kon bly op ’n verwerende vierdebeurt-blad nie.
Volgens Du Plessis is die loot-kwessie nie net in die Asiatiese subkontinent ’n belangrike een nie.
“Toe ek toetskrieket begin speel het, was tellings van 400 en 500 lopies iets wat jy gereeld gesien het.
“Maar in Suid-Afrika gebeur dit al minder dat ’n toets selfs vier dae lank duur. Een manier om te verseker dat die balans beter is in toetskrieket, is dus om nie meer te loot nie.”
Die besoekende span sal in só ’n scenario dan die keuse kry wat hy eerste wil doen en indien ’n tuisspan dan ’n blad “gedokter” het om sy eie boulers te bevoordeel, sal hy van sy eie medisyne moet proe indien die besoekers hom dan instuur om eerste te kolf.
Die voormalige Australiese kaptein Ricky Ponting en Steve Waugh is ook in die Faf du Plessis-kamp, terwyl die gewese Wes-Indiese snelbouler Michael Holding ook van mening is dat die stryd tussen kolf en bal meer gelyk sal wees indien met die loot weggedoen word. – Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie