Doedelsak in Dooievlei
Doedelsak in Dooievlei

Doedelsak in Dooievlei

Tanja Bause
Die Three Wheels Co is ’n groep reis-bloggers wat Namibië tans besoek.

Die groep bestaan uit mnre. Travis Bluemling van die Verenigde State, Chris Parkes, ’n Britse Suid-Afrikaner, en Ross OC Jennings van Skotland.

Jennings is van plan om sy doedelsak in elke land ter wêreld te speel.

Die mans het op Instagram ontmoet en reis die afgelope paar jaar deur die wêreld.

Jennings, wat ook bekend is as die First Piper, probeer sedert 2014 ’n wêreldrekord opstel.

Tot dusver het hy sy doedelsak al in 72 lande gespeel.

Bluemling was ’n atleet wat by die Peace Corps aangesluit het voordat hy in die wêreld se verskillende kulture begin belangstel het. Parkes is ’n fotograaf en het in die verlede forensiese foto’s geneem.

Die mans is tans op toer deur die land en besoek al die Gondwana Collection-lodges.

Hulle was al by die lodges in die Suide en is nou op pad na Etosha en die Noorde.

Hulle gaan Gondwana Collection se Instagram-profiel tot 16 Februarie op hoogte van hul reis deur Namibië hou.

Foto: Three Wheels Co

Kommentaar

Republikein 2025-04-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer