Doeanebeamptes word opgelei

29 August 2018 | Vervoer
Die Amerikaanse ambassade se streekskantoor vir veiligheid, die Amerikaanse Vis en ­Wildlewediens (USFWS), sowel as beamptes van die land se Doeane- en Grens­beskermingsdienste, het onlangs opleiding aan Namibiese doeanebeamptes verskaf.

Die ministerie van finansies se ­direktoraat van doeane en aksyns was die gasheer, en besoek is ook aan die Internasionale Lughawe Hosea Kutako, sowel as die Eros-­lughawe gebring.

Altesaam 20 beamptes van die ­direktoraat van doeane en aksyns het die opleiding bygewoon.

Die kursus het tegnieke vir die smokkel van wildlewe, asook 'n ontleding van beslaglegging ingesluit.

Die dag lange kursus is deel van 'n nuwe program wat wêreldwyd ver­skeie kere per jaar aangebied word.

Handel in wildlewe is 'n gedeelde belang van die Amerikaanse en Namibiese regerings in 'n deurslaggewende tyd vir suidelike Afrika, omdat dit die streek se toerismesektor bedreig, wat ekonomies van kardinale belang is.

Die Amerikaanse ambassade in Namibië ondersteun die Namibiese regering se pogings om wildstropery en handel in wildlewe hok te slaan.

Soortgelyk

 

Geslagsgeweld bron van kommer op Rehoboth

7 ure gelede | Misdaad

Geslagsgebaseerde geweld (GBV) is ‘n groot bron van kommer vir inwoners van Rehoboth, met afhanklikheid wat volgens die Namibiese polisie die grootste bydraende faktor in...

Geingob op pad na Ethiopië

8 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Pres. Hage Geingob vertrek môre na Ethiopië vir samesprekings oor die situasie in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK).Gemoedere loop steeds hoog...

Vermeende veediewe se turf sit

20 ure gelede | Misdaad

Elvira Hattingh Die Rehoboth Veemisdaadorganisasie (RLCO) het saam met die polisie verlede week 'n reusedeurbraak gemaak in 'n veediefstalsaak toe hulle nie net die waarskynlike...

Rehoboth-skietstilstand opgehef

20 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting – Die Windhoekse hoërhof het gister die Namibiese weermag (NDF) tot 16:00 gegee om van die perseel van die Rehoboth-skietklub pad te gee.Dít...

Oudsoldate se lêers 'verdwyn' uit pakhuis

20 ure gelede | Ministeries

Augetto Graig Tot 60 personeellêers met inligting van Namibiërs wat voor onafhanklikwording vir die Suid- Afrikaanse weermag (SADF) en destydse Suidwes-Afrikaanse Gebiedsmag (SWATF) geveg het,...

Weer vir 15 Januarie 2019

20 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie warm tot bloedig warm wees met enkele donderbuie in...

Man in vangwa gegooi, ure aangehou

20 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - 'n Egpaar van Swakopmund wat verlede Dinsdagoggend op die strand gaan stap het, het 'n nagmerrie-ondervinding met die polisie gehad.Mnr. Michael en...

Raaiselsterre verskyn en verdwyn by Koës

20 ure gelede | Plaaslik

Elvira Hattingh - Koës-inwoners was die afgelope Saterdag verstom toe ‘n reeks van tussen ses en nege “sterre” omstreeks 20:30 in ‘n reguit lyn in...

Seekoei soek lafenis in swembad

20 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Help, daar's 'n seekoei in my swembad! Dit was een van twee vreemde versoeke die afgelope week aan die bekende wildveearts van...