Dodetal styg nu00e1 aardbewing in Japan
Dodetal styg nu00e1 aardbewing in Japan

Dodetal styg ná aardbewing in Japan

Japannese owerhede sê 37 mense is dood ná die kragtige aardbewing van 6,7 op die Richterskaal wat verlede week die noordelike eiland van Hokkaido getref het.

Die Hokkaido-regering het gister gesê nóg twee mense word vermis nadat 26 aanvanklik soek was. Al 26 vermistes is van die Atsoema-gebied, waar duisende huise en ander strukture weens grondverskuiwings verwoes is. Sjinzo Abe, premier van Japan, het gesê altesaam 22 000 reddingswerkers met honde het onder die puin na oorlewendes gesoek ná die aardbewing wat Donderdag in die vroeë oggendure voorgekom het.

Sowat 5 000 mense het Donderdagnag in skuilings geslaap.

“Dit was ’n angswekkende nag met verskeie naskokke wat deur die nag gevoel is, maar ons was ten minste saam en ons is dankbaar vir die kos,” het ’n vrou aan NHK, ’n plaaslike uitsaaier, gesê.

Die kragtoevoer na minstens die helfte van die 5,3 miljoen inwoners is intussen herstel nadat dit onderbreek was. - News24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce #N/A Currency: GBP to NAD 23.15 | EUR to NAD 19.96 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.55 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.46 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.51 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1382.9 | USD to ZAR 18.57 | USD to ZMW 27.27 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76929.5 Up +0.20% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1715.92 Up +1.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13375.47 Up +0.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26429.69 Up +1.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 313.18/OZ DOWN -0.0009 | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.0121 | Zinc US$ 2 921.80/T DOWN -1.09% | Brent Crude Oil US$ 82.82/BBP DOWN -0.0087 | Platinum US$ 967.01/OZ DOWN -0.0118 #N/A