Dodetal in Griekeland styg
Wegholbrande in Griekeland het reeds minstens 50 lewens geëis. Die brande woed oos van Athene. Meer as 100 mense is beseer, insluitende 16 kinders, het Dimitris Tzanakopoulos, regeringswoordvoerder, in 'n televisie-uitsending gesê. Die aanvanklike dodetal was 24. Die Rooikruis het intussen bekend gemaak dat 26 lyke in die tuin van 'n villa in die kusdorp, Mati, gekry is, berig die BBC. Die Mati-gebied word die ergste geraak en dit is ook waar die grootste aantal sterftes en beserings aangemeld is. Brandbestryders het vroeg gisteroggend reeds vir 12 uur verskeie brande naby Athene onder bedwang probeer bring. “Hierdie mense kon nie betyds vlug nie, en is in hul huise en voertuie vasgekeer,” sê Tzanakopoulos. Die BBC berig daar is met 'n soektog begin na tien toeriste wat per boot voor die vlamme gevlug het. Foto Netwerk24/Reuters
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie