Dodelike tornadou2019s tref Alabama, Georgia
Dodelike tornadou2019s tref Alabama, Georgia

Dodelike tornado’s tref Alabama, Georgia

Reddingwerkers soek onverpoosd na oorlewendes en lyke ná verwoestende storms in dele van Amerika.
Minstens 23 mense, onder wie kinders, is dood nadat tornado's Sondag groot vernietiging gesaai het in Lee County in die Amerikaanse deelstaat Alabama.

Luidens die nasionale weerdiens het minstens 12 tornado's dié deelstaat en die naburige Georgia getref, berig CNN.

Huise en groot geboue, wat 'n brandweerstasie en 'n klein lughawe insluit, is erg beskadig en bome is uit die grond geruk.

Jay Jones, polisiewoordvoerder, sê die dodetal sal na verwagting styg, aangesien reddingswerkers gisteroggend (Suid-Afrikaanse tyd) nog besig was om deur die puin te soek na slagoffers.

Bill Harris, lykskouer in Lee County, het dit bevestig.

"Ons het mense wat nog onder die puin begrawe is. Ons sal seker die hele nag hier wees."

Die plaaslike hospitaal, die East Alabama Medical Center, sê hulle behandel minstens 40 pasiënte, terwyl nog beseerdes by ander hospitale behandeling ontvang.

Die naburige deelstaat Georgia is ook deur erge storms geraak. Daar is 21 000 mense sonder elektrisiteit.

Pres. Donald Trump het 'n beroep op Twitter gedoen dat mense in die gebied hulself moet veilig hou.

"Wees asseblief versigtig. Die tornado's en storms was regtig gewelddadig en daar kan meer kom. Aan die families en vriende van die slagoffers en beseerdes, mag God julle seën," het Trump getwiet. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2025-11-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer