Divan haal Mitchell se eerste Bulle-span
Rugby
Ervaring en jeug. John Mitchell, die afrigter van die Bulle, het gister ’n rugbyspan gekies wat grotendeels opkomende sterre bevat, maar daar is ook ’n ou hand of drie.
Die grootste verrassing is dat die Springbok Trevor Nyakane nie die 23-tal gehaal het vir môre se Superrugby-kragmeting met die Hurricanes op Loftus Versfeld nie.
Adriaan Strauss, wat verlede jaar die span in die reeks gelei het, is een van die plaasvervangers.
Drie spelers, Marco van Staden, Embrose Papier en Divan Rossouw – almal saam met Strauss op die bank – kan hul Superrugby-debuut teen die Hurricanes maak.
Rossouw (21) is ’n oudskolier van Windhoek Gimnasium wat ook Namibië by die o.18 Cravenweek en die o.19 Wêreldbeker verteenwoordig het. As Tuks-student draf hy ook al ’n paar seisoene vir die Pretorianers uit en het ook al op Curriebeker-vlak sy merk gemaak. Sy veelsydigheid – meestal as heelagter of buitesenter – maak hom ’n handige agterspeler op die bank.
Bulle: Warrick Gelant, Travis Ismaiel, Jesse Kriel, Burger Odendaal (k), Johnny Kotze, Handré Pollard, André Warner, Hanro Liebenberg, Thembelani Bholi, Roelof Smit, Lood de Jager, RG Snyman, Frans van Wyk, Jaco Visagie, Pierre Schoeman. Reserwes: Adriaan Strauss, Lizo Gqoboka, Conraad van Vuuren, Nic de Jager, Marco van Staden, Embrose Papier, Marnitz Boshoff, Divan Rossouw.
Aan die Hurricanes-kant is hul Wêreldrugby speler van die jaar 2017, Beauden Barrett, ook op die reserwebank ingesluit. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie