Dit sous landwyd
Tanja Bause
Damme in Namibië het die naweek goeie invloei gekry.
Die Hardapdam by Mariental is tans 56% vol vergeleke met Vrydag se 41,2%. Volgens NamWater is daar steeds sterk invloei in dié dam.
Die Nautedam by Keetmanshoop het oor die naweek van 83,8% tot 87% gestyg.
Die Von Bachdam was Vrydag 26,2% vol nadat dit oornag van 15,9% gestyg het. NamWater kon nie aandui hoe vol die dam tans is nie, aangesien daar steeds hewige invloei is nadat goeie reën oor die naweek in die opvangsgebied uitgesak het.
Die Friedenaudam het van 23% tot 26,1% gestyg en die Oanobdam by Rehoboth is ook voller, van 27,6% tot 60%.
Die Omatakodam is tans 5,3% vol en die Swakoppoortdam 5,7%.
Ook die Avisdam by Windhoek wat in Oktober 2015 opgedroog het, het Vrydag sy eerste invloei gekry.
Die Vis-/Oranjerivier se vlak gemeet by Tses het van 135 cm op Vrydag tot 1,52 m op Saterdag gestyg. 'n Waarskuwing is aan die Neckertaldam-konstruksiespan uitgereik. Alhoewel die dam nog onder konstruksie is, kry dit al invloei.
Die Tsauchab- en Zebrarivier in die Suide sowel as die Seeis- en Nossobrivier oos van Windhoek is van die riviere wat die naweek gevloei het. Die Omaruru-, Khan-, Kuiseb-, Vis-, Oanob-, Gaub- en Swakoprivier asook die Kongkieprivier by Bethanie het ook sterk gevloei, en ook talle klein plaasriviere oral oor die land.
Die hoogste reënvalsyfers wat Vrydag by die weerkantoor in Windhoek aangemeld is, is Groot Aub se 20,4 mm, Aranos se 19,1 mm, Omaruru se 17,4 mm, Oshikango se 17,2 mm, die Windhoek-weerkantoor se 13,2 mm en Aroab se 11,5 mm.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie