Dit reën paddas en platannas!
Tanja Bause - Wydverspreide reën het in die tweede helfte van verlede week in veral die sentrale noordelike, noordoostelike en oostelike dele voortgeduur.
By Nkurenkuru naby Rundu is Woensdag 106 mm reën gemeet. Ander reënvalsyfers wat op die dag gemeet is, sluit in 13 mm by die Mpacha-lughawe op Katima Mulilo, 13,8 mm in Tsumeb, 8 mm in Gobabis en 7,4 mm in Okongo. Donderdag is 23,5 mm op Rundu gemeet en 19,4 mm by die Rundu-lughawe. Tsumeb het 13,4 mm gemeet en Karasburg 2,6 mm.
Vrydagoggend is 8,8 mm by die Mapacha-lughawe uit die reënmeter gegooi en 7 mm op Mariental.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie