Dis nie sommer net vir kiek nie
Wayne Southwood verduidelik kuns van skoufoto's
Ronelle Rademeyer - Om die kampioene op skoue só af te neem dat die diere op hul beste vertoon in landboutydskrifte en katalogusse, is 'n kuns.
Wayne Southwood, 'n professionele fotograaf van Bloemfontein, is 'n man wat dié kuns goed bemeester het. Wayne is reeds vir jare lank 'n bekende gesig by die landbouskoue in Namibië.
Wanneer die telers en touleiers met hul kampioendiere in die arena vir fotosessies aantree, is Wayne saam met Charl van Rooyen van Landbouweekblad en Andries Gouws van Veeplaas in aksie en is dit nie vreemd om een van hulle met 'n spieël voor die dier te sien dans terwyl die ander foto's neem nie.
Verduidelik Wayne: "Die dier moet so geposioneer word dat dit in balans is. En su aandag moet getrek word sodat die ore vorentoe wys. Die eerste ding om te doen is om seker te maak dat die son reg van voor op die dier skyn sodat die skaduwee reg agter die dier val.
"Daarna moet jy seker maak die agterbeen wat naaste aan die kamera is, is vertikaal geplaas. Die ander agterbeen moet 'n entjie vorentoe wees. Die voorbene moet ook nie in 'n reguit lyn wees nie, met die een naaste aan die kamer effe voor die ander been.
"Die dier se nek moet reguit wees, en die neus moet effe na die kamera gerig wees. As jy dit regkry, is dit so goed die dier 'smile' vir die kamera."
Hy gebruik gewoonlik 'n spieël om die dier se aandag te trek, maar sê 'n kinderspeelding wat 'n geluid maak of 'n papiersak wat gefrommel word, werk ook.
Wayne sê verder moet daar nie beeste agter die bees wees wat afgeneem word nie, want dan is die dier nie ontspanne nie. Die ander beeste wat vir foto's aantree, moet voor die een wees wat afgeneem word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie