‘Dis hoekom ek gaan’
Sy ambisie om hom teen Afrika se topklubs te meet, was deurslaggewend.
Tielman van Lill - Peter Shalulile, voormalige aanvaller van Tura Magic in Katutura, sê die groot geelwortel vir sy nuutste loopbaanskuif was om in die Konfederasie van Afrika-sokker (CAF) se klubkompetisies te kan speel.
Shalulile, wat sedert sy vertrek by Tura die afgelope vyf jaar in 85 botsings vir Highlands Park in Suid-Afrika se Premiersokkerliga op die veld gestap het, het sy klub met 16 doele vir die afgelope seisoen gegroet.
As gesamentlike voorste doelskieter in Suid-Afrika se topliga sluit hy hom nou by Mamelodi Sundowns vir die 2020-2021-seisoen aan.
In die 2020 Nedbank-bekerreeks het die Namibiër ook drie doele behaal. Shalulile het altesaam 29 doele in die PSL aangeteken en het in nog agt ander nettreffers ’n bydraende rol gespeel.
Brad Kaftel, mededirekteur van Highlands Park, het Sondag Shalulile se vertrek na Sundowns bevestig. Sundowns is die afgelope naweek as die Absa PSL-kampioene vir die 2019-2020-seisoen bekroon en het ’n allemintige R15 miljoen prysgeld vir hul prestasie ontvang. Dit is Sundowns se tiende PSL-kampioenskapstitel wat hulle by Chloorkop mee kan spog.
Shalulile sê: “Al wat ek kan sê, is dat ek dankbaar is om daarheen te kan gaan. Ek is bly om my by die kampioene te kan aansluit en waarde tot die klub by te kan voeg. Ek wou nog altyd graag vir Sundowns gespeel het, want ek wil graag in CAF se Afrika-klubkompetisies meeding. As PSL-kampioen bied Sundowns my die ideale platform vir CAF-sokker.
“Ja, ’n ou moet dankbaar wees vir dinge in die lewe wat na jou toekom. Dit gaan alles oor selfvertroue en om in jouself en jou vermoëns te glo. As jy daardie wil het om sukses te behaal, sal jy dit regkry.
“Die afrigters maan ons gereeld om in posisie voor die doelhok te wees as ons doele wil aanteken. Dit is presies wat ek gedoen het en met geduld het die regte geleentheid hom voorgedoen en ek kon die doelkans benut.”
Indien Shalulile sy huidige peil by Sundowns kan behou, sal hy saam met die Brazilians se skeppende spelers ’n bykans onoorwinlike eenheid vir bestuurder Pitso Mosimane kan vorm.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie