Dis amper daai tyd!
Otis Daniels – Die trimmings vir Kersfees is uitgehaal en afgestof.
By die ingang op die pad aan die buitewyke van Walvisbaai, word die skreeuende Kersliggieversierings vir die winkende feesgety op die lamppale aangebring.
Die munisipale werkers vee naarstiglik met hul besems dat die stof op die teerpaaie dwarrel en die palmtakke wink tegemoetkomend.
Daar is darem ’n effense beweging en ’n gevoel van opgewondenheid in die lug of kan dit dalk van angs en onsekerheid wees.
Almal wag in spanning agter hulle maskers vir die belofte van dit wat die groot dae dalk saam mag bring of oplewer.
Die specials is reeds galore! Twalaloka se mense is klaar toegedraai in hulle geskenkte huise in Otweya. Dis nog net die binnelanders en ook die buitelanders wat moet toeslaan wanneer die tyd ryp is.
Die groot vraag is, gaan Oom Hagelulu die party kom spoil?
In albei die malls hier by die kus, het Kersbome sommer oornag hulle verskyning gemaak. Die grasgroen takke reik uit in alle rigtings met hul helder kleurige bolletjie bloeisels.
Op die maat van “Jingle Bells” word jy na die skuifdeure begelei. Die handreiniger vloei vrylik en sosiale afstand blyk iets van die verlede te wees.
Gaan ons met ’n slap riem gevang word?
Baie sê reeds dat Ou tjeld vir Krismis kamma lankal sy ware betekenis heeltemal laat verloor het.
Van een ding is ek egter seker; Kersvader is glo reeds by Atlantis op die hawedorp in sy volle skel rooi mondering en wit baard met sy kenmerkende Ho! Ho! Ho! gewaar.
Ek hoop van harte hy is volkome ingeënt teen die virus sodat hy instaat sal wees om verder vrylik rond te kan beweeg en vreugde kan versprei (geskenke kan mos nie corona kry nie?), sou die inperkinge weer toeslaan.
Vir eers is die streekgrense oop en jy het nie papiere nodig om vrylik te kan rondbeweeg nie. Die groot waters woel en ja, daar is beslis genoeg son en nog vis in die see. Ons het sommer ook baie ruimte en hope sand om lugkastele mee te bou.
Onthou net om julle rommel saam te vat wanneer julle klaar op ons strande gekuier het.
En pasop vir die skurke. Hulle is altyd orals en werk mos oortyd in tye soos die, om ander se lewens te versuur.
Bring jou self en jou sente. Ons wag met ope arms. Sorg net dat jy houtnugter agter jou stuurwiel inklim wanneer jy die pad aandurf en wees bedagsaam op pad na ons toe.
“’n Bestuurder drink nie sy alkohol verantwoordelik nie. Hy drink glad nie,” het ’n wyseman vir my laat weet.
My wens vir Kersfees? Bring maar gerus weer die klokreël terug. Ek verlang na die verlate strate, gemoedsrus en vrede.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie