Dirk was altyd daar
Dirk was altyd daar

Dirk was altyd daar

Mandy Rittmann
FANIE GOUS SKRYF:

Mnr. Dirk Mudge was ’n naby-mens.

Self sonder fisiese teenwoordigheid, was ek as destydse sekretaris van die sentrale personeelinstelling en algemene sekretaris: staatkundig altyd gerustellend bewus daarvan dat hy daar is.

Hy kon vêr anderkant politieke en staatkundige horisonne sien en vir ons nuwe horisonne oopbreek. Hy het vrede en naasteliefde in ons Grondwet laat inskryf.

Hy was inderdaad veel meer as ’n politieke leier. Hy was ’n unieke staatsman.

Ek eer namens ons jong staatsdiens van die tagtigerjare sy naam.

Kommentaar

Republikein 2025-12-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer