• Tuisblad
  • Sake
  • Direksie van nuwe bierreus: Klap in gesig van SABMiller?

Direksie van nuwe bierreus: Klap in gesig van SABMiller?

Jo-Mare Duddy Booysen
Hanlie Stadler - Alan Clark, uitvoerende hoof van SABMiller, Domenic de Lorenzo, finansiële hoof, en Jan du Plessis, voorsitter van die direksie, is onder die tientalle hoëkoppe wat sneuwel in die samesmelting van die wêreld se twee grootste brouerye.
Anheuser-Busch InBev (AB InBev) het gisteroggend die struktuur en bestuurspan aangekondig vir die gekombineerde “Newbelco” (die voorlopige naam van die beheerfirma van die nuwe bierreus).
Net een senior bestuurder van SAB­Miller word deel van die nuwe, groter firma se direksie wanneer die Belgiese bierreus SABMiller binnekort insluk.
Dit is Mauricio Leyva, tans besturende direkteur van Suid-Afrikaanse Broue­rye by SABMiller. Hy word bevorder tot president vir Sentraal-Amerika. Leyva is van Colombia.
Jabu Mabuza, wat nie tans bande met SABMiller het nie, is die prominentste Suid-Afrikaner wie se naam genoem word. Hy word aangestel as voorsitter van die Afrikadireksie van Newbelco.
Carlos Brito, uitvoerende hoof van AB InBev, sê Mabuza se “suksesvolle entrepreneuriese agtergrond, pan-Afrikaanse ervaring en betrokkenheid met die openbare sektor” sal “van onskatbare waarde” wees.
In wat moontlik as ’n klap in die gesig van plaaslike kundigheid bestempel kan word, word AB InBev se hoof vir Mexiko, die Brasiliaan Ricardo Tadeu, aangestel as die president van die nuwe firma se sake in Afrika.
’n Suid-Afrikaner met bykans 15 jaar ondervinding by SABMiller, Yokesh Maharaj, word wel bevorder tot president vir Suid-Afrika.
Die SABMiller-bestuurslede wat af­gedank word, sal waarskynlik stewige goue handdrukke kry. Londen seFinancial Times het vroeër berig dat Clark se aandelebelonings alleen meer as £55 miljoen (meer as R1 miljard) kan beloop.

Integrasie
’n Aantal prominente bestuurslede van SABMiller het ingestem om minstens ses maande lank nog by die groter groep te bly om te help met “integrasie, die behoud van talent en die bestuur van belanghebbendes”. Hulle is John Davidson, SAB­Miller se regsverteenwoordiger en hoof van korporatiewe sake, Johann Nel, groephoof van menslike hulpbronne, en Mark Bowman, besturende direkteur van SABMiller Afrika.
Dié vier mense sal moet help om “sinergieë en beste praktyk” vir die groter groep te ontsluit en sal in SABMiller se kantoor in Woking, buite Londen, aanbly. Die kantoor gaan ná die “oorgangstydperk” sy deure toemaak. Die kleiner kantoor in Sentraal-Londen word toegemaak.
Die samesmelting sal na verwagting op 10 Oktober voltrek word, nadat aandeelhouers van albei maatskappye einde September daaroor gestem het.
Die gesamentlike groep sal ’n teenwoordigheid in bykans elke groot biermark ter wêreld hê, sê AB InBev, en sal “enorme groeigeleenthede oor nuwe en bestaande markte” skep.
Die maatskappy se wêreldhoofkantoor bly in Leuven, België, en hy het ’n “funksionele wêreldbestuurskantoor”­ in New York.
Die nuwe groep sal in nege streke ge­organiseer word, met Johannesburg as die hoofkantoor vir die hele Afrika.
Bestaande SABMiller-kantore in Miami, Hongkong en Beijing gaan binne maande ná die samesmelting toegemaak word. Die toekoms van die SABMiller-kantoor­ in Zug, Switserland, is nog onseker, maar sal afhang van die verkoop van SAB­Miller se brouerye in Sentraal- en Oos-Europa.­ SABMiller het vroeër aangekondig hy soek kopers vir sy brouerye in onder meer Tsjeggië.

So lyk nuwe struktuur
AB InBev se bestuursdireksie sal bestaan uit ’n president vir elkeen van die nege streke, sowel as groephoofde vir onder meer bemarking, menslike hulpbronne, finansies en korporatiewe beheer, wat verslag doen aan Brito as uitvoerende groephoof.
Konsultasie met vakbonde en ower­hede sal deurgaans gevoer word voordat veranderinge ingevoer word, sê AB InBev.
Die direksie vir Afrika sal aangevoer word deur Mabuza. Brito word ook deel van dié direksie, en die twee sal saamwerk om die res van die direksie saam te stel.
Mabuza is tans voorsitter van die Telkom-direksie, en is ook voorsitter van die sakekamer Besigheidseenheid Suid-Afrika (Busa). Hy was vantevore ’n direkteur van Tanzanian Breweries, Castle Brewing Company in Kenia en van Suid-Afrikaanse Toerisme, en was ook groephoof van Tsogo Sun.
Maharaj, tans verkoop- en verspreidingshoof vir SAB, word die nuwe president vir Suid-Afrika in die plek van Leyva. Maharaj is sedert 2001 by SAB en het al verskeie poste beklee, onder andere as streekhoof in verskillende streke en as direkteur van mensehulpbronne.

Nege streke
1. Noord-Amerika (VSA en Kanada); hoofkantoor: St. Louis, Missouri, VSA
2. Sentraal-Amerika (Mexiko, El Salvador en Honduras); hoofkantoor: Mexikostad
3. Latyns-Amerika-Noord (Brasilië, die Dominikaanse Republiek, Guatemala, Panama, St. Vincent, Kuba, Puerto Rico, Barbados, Dominica en die Karibiese Eilande); hoofkantoor: São Paulo, Brasilië
4. Latyns-Amerika-Suid (Argentinië, Uruguay, Chili, Paraguay en Bolivië); hoofkantoor: Buenos Aires, Argentinië
5. Latyns-Amerika-Copec (Colombia, Peru en Ecuador); hoofkantoor: Bogotá, Colombia
6. Europa (Brittanje, Ierland, Frank­ryk, Italië, Spanje, Duitsland, België, Luxemburg, Nederland, Switserland, Oostenryk, die Oekraïne, Rusland, Europese uitvoer en die Midde-Ooste); hoofkantoor: Leuven, België
7. Asië-Pasifies-Noord (China, Suid-Korea en Japan): hoofkantoor: Shanghai, China
8. Asië-Pasifies-Suid (Australië, Nieu-Seeland, Indië, Viëtnam en ander lande in Suid- en Suidoos-Asië); hoofkantoor: Melbourne, Australië­
9. Afrika (Suid-Afrika, Botswana, Swaziland, Mosambiek, Malawi, Namibië, Zambië, Lesotho, Uganda, Ethiopië, Tanzanië, Suid-Soedan, Kenia, Nigerië, Ghana en eilande om Afrika); hoofkantoor: Johannesburg.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%