Dippenaar-saak uitgestel
Dippenaar-saak uitgestel

Dippenaar-saak uitgestel

Erwin Leuschner
Erwin Leuschner – Meer as ses jaar ná die gruongeluk naby Hentiesbaai waarin ses mense dood is, is daar nog geen einde in sig vir dié verhoor nie.

Die saak teen mnr. Jandré Dippenaar wat op 5 Februarie in die streekhof op Swakopmund sou voortduur, is tot 18 Oktober 2021 uitgestel.

Die staatsgetuie en Suid-Afrikaanse ongeluksrekonstruksiekundige, mnr. Johan Joubert, moes vir verdere ondervraging vanaf Suid-Afrika na Namibië reis. Weens Covid-19-regulasies, dié land se grense wat op die oomblik gesluit is en met die gepaardgaande reisbeperkings, kon Joubert nie Namibië binnekom om in die hof te verskyn nie.

'n Bevel vir Dippenaar se ­inhegtenisname wat in ­Augustus verlede jaar uitgereik is, is ook terselfdertyd tersyde gestel.

Intussen is hy op borgtog tot sy volgende hofverskyning.

 - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-09-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer