Diplomaat op Swakop aangeval
Diplomaat op Swakop aangeval

Diplomaat op Swakop aangeval

Francoise Steynberg
Linette Smit Russell op Swakopmund

Wat gaan daar op die sypaadjie,­ voor die eilandjie en bosse naby die jetty aan?
’n Vrou (laat middeljare) sit verward en probeer uitwerk wat om haar aangaan.
Ek is ’n onwillekeurige joernalis en begin vrae vra. Blykbaar is die vrou so pas met ’n swaar knuppel oor die kop geslaan en beroof.
Wat het gebeur? Maar sy het ’n wedervraag, “Where am I?” Sy kan niks onthou nie! “You’re in Swakopmund,” lig ek haar in, en “Shwakop . . . mund,” rol sy die onbekende woord in haar mond rond. “Yes, that’s in Namibia,” help ek verder. “Namibia . . .,” herhaal sy, nie ’n idee wat die woord beteken nie.
“I don’t have my bag with me, do I?” vra sy hoflik, so in haar ellendige uur. Ons weet nie, dis seker van jou af beroof. Was jy alleen? “Uhm . . . I don’t know.” Is jy hier met vakansie, of vir werk, in Namibië? Watse werk doen jy? “I don’t . . . oh, my head!” kreun sy. Daar is ’n knewel van ’n knop agter haar kop, en ’n straaltjie bloed loop langs haar slape af. Ons is bang sy kan enige oomblik flou val.
Daar is een feit wat sy oor en oor herhaal – die enigste wat sy van haarself onthou, haar naam. “My name . . . is Maretha Dirut” of “Dayruth”, hoor ons, oor en oor. “I am a Norwegian citizen.” Waar in Norway? vra die joernalis. “Oslo,” sê sy beslis.
Elke keer dat die groeiende skare omstanders nog ’n vraag gooi wat sy nie kan antwoord nie, dan rol sy hom weer. “My name is Maretha Dayrud . . . I’m a Norwegian citizen.” (Dit alleen al moes ons gewys het sy is ’n diplomaat.) Sy spel dit ook: M-e-r-e-te D-y-r-u-d. Hierdie vrou het op hierdie oomblik net een besitting – en dit is haar naam, korrek gespel. Dit was die sleutel.
Die paramedici kom haal haar, maar is bekommerd dat die hospitaal haar nie gaan wil inneem sonder bewys van identiteit en betaling nie. Ek begin storm die hotelle. Is daar iemand hier ingeboek met hierdie naam? Nee, jammer. Nee, kyk maar self. Baie behulpsaam, maar nee, nee, en nee.

SOEKTOG OP FACEBOOK
Soek haar op Facebook, is ’n voorstel.
Op Facebook doem daardie selfde gesig waarin ek vroeër vanaand gesoek het vir enige teken van identiteit, voor ons op. Op die foto trap sy sorgeloos haar fiets, haar vrolike rooi handsak nog ongedeerd oor die skouer.
Sy is nie sommer net ’n straatloper sonder ’n verlede nie – Merete Dyrud is tweede in bevel in die Norweegse ambassade, tans werksaam in Kaïro, Egipte. (Woon en werk nou in so ’n “aak­lige’”plek soos Egipte en kom word in vredeliewende Namibië aangeval en vir dood gelaat vir jou handsak!)
Haar regering het onmiddellik in­gestaan om vir haar mediese onkostes te betaal, haar hotel het haar dokumente gebring en sy was weer iemand. Teen die volgende oggend in die hospitaal se intensiewesorgeenheid kon sy weer meer onthou en het uitgesien daarna om weg te kom, hierdie land agter haar te laat.
Een van die Swakopmundse omstanders daardie aand, het vertel dat ’n Franse vrou ook die vorige week op dieselfde plek en op dieselfde manier aangeval is. ’n Bus vol toeriste het ook vir ’n ruk daar staan en staar na Merete en kennis geneem van ’n ander kant wat Namibië nou het.
Ek is jammer, Merete Dyrud. Ek wens ek kon meer doen om Namibië se beeld in jou oë te herstel. Jou naam en reputasie is onaangeraak, maar my land s’n is vernietig.
Dyrud (52) is verlede Woensdagaand naby die Tug-restaurant aangeval toe sy en ’n vriend na ’n ander restaurant, Tiger Reef, gestap het. Volgens die polisie is sy deur ’n onbekende persoon met ’n onbekende voorwerp oor die kop geslaan. Haar beursie met N$3 000 en buitelandse geld is gesteel.
•Linette Smit Russell is ’n bekroonde vryskutjoernalis.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° #N/A #N/A