Dinsdag gaan nooit weer dieselfde wees nie

07 September 2018 | Kuns en vermaak
kykNET-kykers weet teen hierdie tyd dat die dramagleuf op ’n Dinsdagaand nooit teleurstel nie en met die nuwe reeks, Spoorloos, wat op 9 Oktober begin, gaan dit ook nie anders wees nie.

Die storie speel op die dorpie Digtersdal in die Oos-Kaap af. Dis ’n spookdorp op soek na genesing en herlewing, maar ná 13 jaar se onopgelosde raaisels keer die reeksmoordenaar van destyds skielik terug. Om hom op te spoor, moet ’n speurder en joernalis al die ou wonde oopkrap. Terselfdertyd is daar ook drie kinders van die dorp wat die monster probeer vastrek, en familie-intriges soos daar net op ’n klein dorpie kan wees.

Agtergrond:

Die dorp Digtersdal in die Oos-Kaap is 13 jaar gelede deur ’n reeksmoordenaar geterroriseer, wat seuns van 5 tot 15 jaar oud geteiken het. Die moorde het skielik opgehou, maar die moordenaar is nooit vasgetrek nie. Die dorp was geknak. Die wonde het jare gevat om rowe te vorm en is nog lank nie genees nie. Werner Malan se planne vir die ontwikkeling van Digtersdal tot ’n vakansieparadys het doodgeloop en hy het ‘n fortuin verloor. Die bouwerk vir ’n toeristeoord wat met die Sonstad sou kompeteer, is gestop en die ingangspoort wat opgerig is, staan verbleik soos ’n reusegrafsteen ter herinnering aan die tragedie wat die dorp oorval het.

Nou, 13 jaar later, is die dorp onder Werner se stukrag vasberade om die spoke van die verlede te besweer. ’n Fees is in die lewe geroep – die Fakkelfees – waartydens besoekers aangemoedig gaan word om in die nuwe tyddeelontwikkeling te belê.

In die rolverdeling is ’n paar veteraanspelers, asook nuwe gesigte. Die reeks is op Cradock in die Karoo geskiet en die dorp en sy mense dien as agtergrond vir dié nuwe reeks.

Deon Coetzee is te sien as Werner Malan, ’n sakeman, politikus en boer. Hy is getroud met Angelique (Catriona Andrew) wat uit ’n ryk Engelse familie kom. Hul seun, Werner Jnr., wat almal Junior noem (Francois Jacobs), is getroud met Lara (Amalia Uys), ’n gekneusde engel wat op soek is na uitkoms uit haar versmorende huwelik. Lara het ’n 12-jarige seun, Jan-Gustav (Neil Slabbert).

Ian Vos (Ludwig Binge) werk by ’n advertensieagentskap in die stad. Hy was 17 jaar oud toe sy broer, Benjamin, deur die reeksmoordenaar vermoor is. Sy ma, Frieda (Wilmien Rossouw), woon nog op Digtersdal.

Adam Arendse (Zane Meas) is ’n politieke leier en aktivis en die pa van Keagan (Charl Fleurs), ’n slim seun, hoewel hy bietjie van ’n bangbroek is.

De Wet (Eric Bouwer) is ’n speurder van Johannesburg en Sonja Landman (Kim Lategan) is ’n TV-joernalis wat groot drome het om ’n ondersoekende joernalis te word. Gert Neethling (Lieb Bester) is die dronklap van die dorp en sy vrou, Magda (Elsabé Daneel), is iemand wat wys wat onvoorwaardelike liefde beteken.

Sibusiso Jele (Kagiso Rathebe) is De Wet se kollega en Lusanda Miya (Sibulele Gcilitshana) is kaptein en Deon Prinsloo (Ashley Taylor) is ’n siniese speurder by die plaaslike polisiestasie.

Ander karakters is Ds. Els (Morné Visser), die maplotter en dwelmhandelaar Piet “Pille” Taljaart (André Odendaal) en sy dogter Esti (Ineke van der Merwe), die waarnemende skoolhoof, Mnr. Immelman (Hannes van Wyk), Marie Fick (Lizz Meiring), die bestuurder van die plaaslike koerant en Fezile Grootboom (SK Sombokwe), Werner se voorman.

Die reeks is gegrond op Daddy Longlegs, ’n boek deur die Suid-Afrikaanse skrywer Vernon Baumann. Die draaiboek is deur Ilse van Hemert geskryf en sy was saam met André Odendaal die mederegisseur.

Soortgelyk

 

Honderde miljoene vir veevoer nodig

17 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Die 2019 droogte is ‘n omvangryke ramp en ten minste N$170 miljoen is nodig om net 5 persent van die nasionale veekudde...

Min of geen handboeke vir nuwe leerplan

17 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Óf drupsgewys óf glad nie. Dit is volgens verskeie skole oraloor die land die huidige stand van handboeke vir die nuwe leerplan...

Regional council must account for vandalised buildings

17 ure gelede | Infrastruktuur

AUSSENKEHR – The //Kharas Regional Council must account for government buildings that are vandalised and left to become white elephants, the minister of urban and...

Swapo beslis dorpsraadslede se lot

17 ure gelede | Politiek

Dorpsraadslede van Okahandja en Rundu moes Maandag ure lank by Swapo se hoofkantoor in Windhoek wag om te hoor wat hul lot is. Verskeie nasionale...

Groeiende stad druk rioolstelsel

17 ure gelede | Infrastruktuur

Elvira Hattingh - Die Windhoekse munisipaliteit erken sekere rioolpype in die stad moet opgradeer word om die groeiende getal stadsbewoners te akkommodeer. Terselfdertyd beloof hulle...

Weer vir 19 Februarie 2019

17 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Bloedige hittetoestande word vir die res van die week in die binneland verwag.BINNELAND: Mooiweer en bloedig warm in die ||Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik...

Gammams staan steeds stil

17 ure gelede | Regering

Elvira Hattingh – Windhoek se munisipaliteit (CoW) sê hul Gammams-watersuiweringsaanleg staan steeds stil nadat swaarbrandstofolie meer as twee weke gelede in die stad se rioolstelsel...

‘Vroue is sterk’

17 ure gelede | Maatskaplik

Mariselle Stofberg – TrueKrav Namibia het Donderdag, in samewerking met die Namibiese Vrouevereniging en Kosmos, ’n praatjie oor geslagsgeweld in die hoofstad aangebied.TrueKrav bied...

Namcor wil vry van sekere wette wees

17 ure gelede | Energie

Elvira Hattingh - Namibië se Nasionale Petroleumkorporasie (Namcor) het ‘n aansoek by die Namibiese Kompetisie-kommissie ingedien om vir die volgende 10 jaar vrygestel te wees...