Dink twee keer voor jy fopnuus versprei
Dink twee keer voor jy fopnuus versprei

Dink twee keer voor jy fopnuus versprei

[email protected]
Sanet de Waal
Leandrea Louw

Sosiale media is ’n wonderlike ding! Dit is nou sarkasties bedoel. Deesdae met ’n click-of-a-button kan jy nou gou gesels met iemand oorsee. Daar is Instagram- en Tik Tok-reëls, helfte van die goed het ek nog nie eens probeer om uit te pluis nie.

Maar dit, voel ek, is ons grootste euwel. Mense is te gou, in my opinie om die WhatsApp-knoppie te druk om iets aan te stuur of Facebook se share-knoppie te druk.

Byvoorbeeld was daar ’n boodskap wat die ronde gedoen het op Facebook en WhatsApp wat beweer het ’n kind is ontvoer. Iemand het glo die kind gedreig om in ’n voertuig te klim en hy het op die ou einde in Okahandja opgeëindig.

Te danke aan my af en toe Blacklist binge op Netflix, het iets nie vir my lekker sin gemaak nie.

My woorde was skaars koud, of deur Microsoft Word se auto-save vasgevang toe kom die boodskap deur dat dit fopnuus is.

Ek was woedend, want dit is nie die eerste keer wat dit gebeur nie.

Verlede jaar hierdie tyd het joernaliste soos mal hase rondgehardloop om fopnuus te ‘debunk’.

Links en regs is daar inligting op sosialemediaplatforms gedeel oor 5G wat die Covid-19-virus veroorsaak het. Ons gaan nie nou weer daar gaan krap nie.

In ’n ander geval, verlede jaar hierdie tyd, het ’n boodskap die ronde gedoen dat ’n jongman in die hospitaal weens Covid-19 dood is. Plot twist – hy’t nie eers geweet hy is dood nie.

Steeds leer ons net nie ons les nie. Ek verstaan as daar iets gebeur, is die eerste gedagte om dit met iemand te deel, maar dink asseblief twee keer voor jy dit doen.

Kyk nou in die geval van die ontvoering, die boodskap is op Facebook en WhatsApp gedeel, dit is verskeie kere aangestuur en nou is mense op hol, sonder enige rede.

Deesdae met al die wantroue en twyfel wat die wêreld die hoof moet bied, kan jy nie vir mense – sonder enige geldige bewyse – sê dit is waar nie. Jy moet die feite op die tafel neerlê met die hele ensiklopedie.

In my opinie, is dit onregverdig.

Daar is klaar so baie dinge verkeerd met die wêreld, moet asseblief nie nog byvoeg nie.

Mense word alreeds die afgelope jaar met soveel onsekerhede gebombardeer, moet asseblief nie nóg stres bysit om ongeverifieerde inligting aan jou familie, vriende of die hele wêreld te stuur nie.

Dink twee keer voor jy daardie share- of forward- knoppie druk. Ek sê maar net.

Kommentaar

Republikein 2026-06-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer