Dinge is nie oukei nie, en dis nié oukei nie
            
                                                            Ja, dit gaan sleg. Dit gaan sleg met die ekonomie.  Die graderingsagentskap Fitch dink ons land is basies minder werd as slangtjorts. Die resesssie is nou só diep, ons kan dit maar eintlik ’n depressie noem.
Dit wil nie reën nie. Boere pleeg selfmoord. Mense is honger, diere is honger. Die toerismebedryf, wat ons Groot Ligpunt was, se syfers is af.
Boonop is die koste van al hierdie slegtigheid enorm. Mense raak fisiek en geestelik siek van al die stres, mense gaan dood, produksie ly daaronder, hoe leer mens as jy honger is, hoe soek mens werk as jy in die eerste plek nie taxigeld het of eers geld om jou CV te print nie? Hoe voltooi jy jou skoolloopbaan as jy elke maand ’n week se klasse mis omdat daar nie geld vir pads is wanneer jy menstrueer nie? Hoe kry jy gratis geboortebeperking as jy nie by ’n kliniek kan uitkom nie? Of as hulle dit net nie beskikbaar het nie? Boonop is aborsies onwettig in ’n land waar vroue steeds nie soos grootmense besluite oor hul eie liggame mag neem nie.
Hoe lag jy as jy siek is, as jou kind besig is om dood te gaan, as jou eks jou lewe hel maak, of as jy pas jou werk verloor het?
My knee jerk-reaksie op al hierdie weemoed en lyding is dat dit altyd erger kan gaan. Dat ons maar moet dankbaar wees vir wat ons het.
Maar as jou maag van honger pyn, wil jy nie hoor “dink aan die mense in Sirië” of “ten minste het jy nog oë en ore nie”. As jou kalfies aan hul dooie ma probeer drink en wilde diere is so honger hulle hardloop nie eers meer vir mense weg nie, dan wil jy niks hoor van tel jou seëninge nie.
As jy nie meer hoop het nie, help dit nie om te hoor “dinge gaan regkom, jy moet net glo” nie.
Want dinge gaan dalk nié regkom nie. En miskien moet ons dit soos grootmense face en ophou om dit ’n lagie heuning te gee.
As mense vra hoe gaan dit, sal ons dalk die waarheid praat, maar ons wil dit altyd op ’n positiewe noot afsluit.
Ek’s siek, maar ek’s nie bang nie. Ek’s arm, maar ons leef nog. Ek’s honger, maar miskien reën dit.
Ons wil nie mense met ons probleme aftrek nie, ons wil nie hê ander moet worry of moed verloor nie, so ons sê maar ons cope en alles gaan oukei wees.
En dis cool, ons moenie hoop verloor nie.
Maar . . .
Wat van ons erken dit net? Dit gaan sleg. En nee, ons cope nie altyd rêrig nie. En dis nié oukei om nie te cope nie. Hoekom moet ons altyd maak of alles oukei gaan wees?
Ja, baie van ons het nog verskriklik baie om voor dankbaar te wees, maar baie van ons se hele lewe val uitmekaar.
Baie van ons is régtig besig om dood te gaan. Kom ons erken dit maar.
Erkenning is soms ’n moerse verligting, is dit nie?
Pema Chödrön, ’n geliefde Boeddhistiese leermeester, het ’n boek genaamd When Things Fall Apart geskryf.
Sy skryf in plaas daarvan om van ons helse uitdagings af weg te skram, moet ons nader aan ons uitdagings beweeg, amper intiem raak daarmee, want só gaan jou hart al hoe groter oop. En mense wat met groot, oop harte leef, ervaar net soveel intense vreugde soos wat hulle pyn ervaar.
Eers wanneer ons aan totale vernietiging en ondergang blootgestel is, kan ons dít ontdek wat onvernietigbaar binne ons is, sê sy.
Dit wat oorbly, is die ware jy; is wat jy regtig het.
Vrees is ’n universele ervaring, selfs insekte ervaar dit, sê Pema. Volgens haar is dit nie verskriklik om te vrees nie – dis deel van lewend wees en iets wat ons almal deel. Dit bring ons nader aan die waarheid, aan real wees, aan mekaar. Hou op om vir mense te sê hulle moenie bang wees nie. Ons mág maar bang wees.
Bang mense lag soveel makliker, lekkerder, harder. Have you noticed?
“Things become very clear when there is nowhere to escape,” sê sy.
Ware dapperheid is nie om nié bang te wees nie, maar om intiem met jou vrees om te gaan.
So ons kan maar sê dit gaan k*k. Want dis die waarheid.
Ons kan maar sê ons cope nie.
So gaan ons harte dalk twee grade oper vir onsself en vir die res van die heelal.
En vir vreugde.
En liefde.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie