Digte mis keer landing by Hosea Kutako
Ronelle Rademeyer
Drie vliegtuie moes vroeg gisteroggend na ander lughawens uitwyk aangesien die newels van 'n digte miskombers oor die Internasionale Lughawe Hosea Kutako sig te veel belemmer het.
Air Namibia se vlug SW722 vanaf Johannesburg en SA Airlink se vlug LNK120 vanaf Kaapstad moes weens die mis na die lughawe by Walvisbaai herlei word.
Kort daarna het die kaptein van die KLM-vlug wat in aantog was, ook besluit om liewer om te draai en na Luanda in Angola terug te keer.
Die kaptein van Qatar se vlug uit Doha het eers 'n hele ruk in die omgewing van die lughawe gesirkel en toe wel later ingekom om te land, het Republikein gister verneem.
Mnr. Paulus Nakawa, woordvoerder van Air Namibia, het dié verwikkelinge by navraag bevestig. Hy was egter uitstedig en kon nie nader besonderhede oor die weersomstandighede by die lughawe verskaf nie.
Volgens 'n ingeligte was die misbank sowat 500 voet bo grondvlak en die sig baie swak.
Die vliegtuie wat na Walvisbaai gevlieg het, het sowat drie ure later na die internasionale lughawe by Windhoek teruggekeer. Die vliegtuig met die passasiers op die KLM-vlug het omstreeks 14:30 by dié lughawe neergestryk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie