Digitale TV kom 1ste na Vrystaat
Hanlie Stadler
Vrystaters gaan teen die einde 2018 die eerste Suid-Afrikaners word wat oorskakel van analoog- na digitale aardtelevisie
Nomvula Mokonyane, minister van kommunikasie, het Maandag in Pretoria gesê mense wat nie satelliettelevisie kyk nie, moet hulle op die omskakeling begin voorberei. Dit kan beteken hulle moet digitale televisies aanskaf.
“Ons doen daarom 'n beroep op die mense van die Vrystaat om te begin aansoek doen om 'n subsidie of om toerusting met digitale vermoë te koop sodat hulle gereed is en ononderbroke uitsendings kan geniet.”
Al Sentech se analoog-uitsenders in die Vrystaat gaan einde Desember afgeskakel word.
Mokonyane sê oor die volgende paar maande gaan dekodeerders vinnig versprei word in die provinsies wat reeds vir migrasie geïdentifiseer is.
Suid-Afrika se beloofde oorskakeling na digitale televisie teen einde 2019 sal breëbandspektrum vir selfoonmaatskappye soos Vodacom, MTN, Cell C en Telkom beskikbaar stel. Dit sal kleiner maatskappye ook die kans gee om die mark te betree, sê die minister.
Selfoonmaatskappye kla nou al lank oor die gebrek aan spektrum, wat groei in die bedryf aan bande lê. Die regering het reeds twee jaar gelede belowe om spektrum op te veil, maar die plan het vasgeval wees politieke toutrekkery en regulatoriese rompslomp.
Die migrasieprojek – wat deur die Internasionale Telekommunikasie-unie (ITU) vereis word – sloer reeds jare lank. Suid-Afrika moes al herhaaldelik uitstel kry nadat hy nie die ITU se spertyd van Junie 2015 kon haal nie.
Dit beteken dat die ITU nie kan waarborg dat daar nie seinversteurings van analoog-televisie gaan wees nie.
M-Net is onlangs suksesvol na digitaal gemigreer en die minister bestempel dit as 'n “belangrike mylpaal”.
Die minister sê hulle is besig om die model vir migrasie te hersien en onderneem om met die bedryf saam te werk en 'n deursigtige proses daar te stel. Die plan sal bekend gemaak word sodra dit deur die kabinet goedgekeur is.
Aldred Dreyer is as hoof van die nuut geskepte kantoor vir projekbestuur aangestel en gaan die hele projek vir digitale aardtelevisie lei. Dreyer word beskou as iemand met “ongeëwenaarde kennis” beskryf omdat hy Namibië se migrasie onlangs gelei het.
Die minister het ook aangekondig Suid-Afrika se radio-uitsendings gaan digitaliseer.
Dit sal die probleem met “oorlading” op FM-frekwensies, veral in Gauteng, oplos. Die departement gaan binne die volgende paar weke 'n beleidsaanbeveling aan die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) doen om 'n raamwerk te skep vir die lisensiëring van digitale radio.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie