Digitale tegnologie nie su00f3 sleg vir kinders
Digitale tegnologie nie su00f3 sleg vir kinders

Digitale tegnologie nie só sleg vir kinders

Navorsers moet eerder meer aandag skenk aan die invloed wat die inhoud van digitale platforms het.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Die matige gebruik van digitale tegnologie kan voordele vir die welstand van kinders inhou, terwyl oormatige gebruik ’n minimale impak het.

Dié inligting is vervat in Unicef se jongste navorsingsverslag, The State of the World’s Children 2017: Children in a Digital World, wat onder meer fokus op die invloed van die hoeveelheid tyd wat kinders aan digitale tegnologie bestee.

Die verslag het bevind die impak, hetsy positief of negatief, is gering en verskeie skrywers was dit eens dit is belangriker om op ander faktore soos die sosiale dinamika in die skoolomgewing en sosiomaatskaplike toestande te fokus.

Navorsers moet voorts ook eerder meer aandag skenk aan die invloed van die inhoud van dít wat kinders op digitale toestelle teëkom, tesame met hul sosiale en gesinsomgewing.

Kinders se sosiale verhoudings word volgens dié verslag deur digitale tegnologie gestimuleer.

Hulle gebruik dit om bestaande verhoudings te verbeter en om in verbinding met vriende te bly.

Terwyl vroeë navorsing dui op enkele negatiewe invloede, is laasgenoemde grotendeels

flou, aangesien die meerderheid kinders deel van ’n sosiale groep is wat nou aanlyn is.

Navorsing op dié gebied sukkel egter volgens die verslag om kinders se aanlyn tyd te meet, omdat dit moeilik is om te bepaal wanneer, asook vir hoe lank ’n kind aanlyn sosiaal verkeer.

Wat die impak op ’n kind se fisieke aktiwiteite het, is egter nie duidelik nie.

Die aanduiding is dat kinders wat reeds onaktief is, meer tyd aan digitale tegnologie kan bestee.

Volgens die verslag kan dit daarom meer werd wees om eerder te vra hoe kinders aangemoedig kan word om meer tyd aan fisieke aktiwiteite, eerder as digitale tegnologie, te bestee – ongeag hoeveel tyd hulle aan laasgenoemde bestee.

Voorts kan tydsbesteding aan digitale tegnologie ’n kind in ’n mate van onder meer sy skoolwerk weerhou, maar navorsing toon dit het nie ’n langtermyn-impak op kinders nie.

Volgens die verslag is die bewysgrondslag vir enige negatiewe impak, hetsy fisiek of geestelik, in dié stadium onbeslis en nie genoeg rede vir ingryping nie.

Meer moet gedoen word om kinders se digitale deelname te verfyn.

Gemiddelde maatstawwe om skermtyd te meet, is problematies omdat verskillende toestelle en die inhoud van kinders se digitale deelname nie in ag geneem word nie.

“Die opeengehoopte uitwerking daarvan om baie tyd aan die gebruik van digitale tegnologie van ’n jong ouderdom af te bestee, moet veral in toekomstige navorsing bestudeer word,” lui die verslag.

Navorsers moet kinders se lewensomstandighede en sosio-demografiese omgewing ook soveel as moontlik in ag neem.

“Kinders se aanlyn ervarings kan nie geïsoleerd van hul lewens in die algemeen bestudeer word nie.”

Die verslag waarsku berigte deel té dikwels bewyse van enkelstudies of studies met swak metodiek, of waarvan die uitslae oordryf of wanvoorgestel is.

Dít kan daartoe lei dat die debat net op ’n eensydige blik van bestaande bewyse gegrond is, met min oorweging van die relatiewe sterk en swak punte.

“Dit is nie net verslaggewers se verantwoordelikheid nie. Wetenskaplike kommunikasie deur navorsers en universiteite moet verbeter om bevindinge reg te weerspieël. Dieselfde geld veralgemeenbaarheid en beperkings.”

Die verslag beklemtoon dit is belangrik om te probeer verstaan wanneer en hoekom digitale tegnologie ’n positiewe of negatiewe invloed op kinders het.

Dié inligting is nodig omdat kinders se betrokkenheid by digitale tegnologie in alle wêrelddele met stygende kommer gepaardgaan.

Die ouderdom van die kinders wat aan die navorsingsopname deelgeneem het, strek van 0 tot 18 jaar.

Digitale tegnologie in die verslag sluit in digitale toestelle soos rekenaars, tablette, selfone, asook verskeie digitale aktiwiteite waarmee kinders hulself besig hou.

Kommentaar

Republikein 2024-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.23 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.53 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1349.9 | USD to ZAR 18.54 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 302.59/OZ DOWN -0.0091 | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.0044 | Zinc US$ 2 933.30/T UP 0.74% | Brent Crude Oil US$ 84.30/BBP UP +0.02% | Platinum US$ 968.82/OZ UP +1.39% Sport results: Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Weather: Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.23 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.53 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1349.9 | USD to ZAR 18.54 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 302.59/OZ DOWN -0.0091 | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.0044 | Zinc US$ 2 933.30/T UP 0.74% | Brent Crude Oil US$ 84.30/BBP UP +0.02% | Platinum US$ 968.82/OZ UP +1.39%