Diewe besteel kampvegter teen malaria

Die rus en vrede van Swakopmund was die Robertson-egpaar se keuse vir Kersfees, maar toe slaan die boewebendes toe.
Des Erasmus
Des Erasmus - ‘n Britse filantroop van internasionale aansien het op sy humanitêre sending die grense van vyf lande van Afrika oorgesteek om in die Kersgety op Swakopmund te wees voor die voortsetting van sy selfopgelegde opdrag in die vasteland se stryd teen malaria. Hier gekom, het diewe by die hoekhuis van David Robertson in Bismarckstraat ingebreek en hom van 9 000 euro (sowat N$130 000 ) en fotografiese toerusting van onskatbare waarde beroof.

Merkwaardig van hierdie landheer van Londen is dat hy net die gebruik van sy linkerbeen en linkerarm het nadat hy sy regterbeen en regterarm in ‘n motorfietsongeluk in 1977 verloor het. Met die gebruik van ‘n arm en been wat hom in 1977 as ‘n 18-jarige ontneem is, het hy sy oorlewingstryd gewen. Hy het nou die duisende kilometer van Kameroen tot in Namibië alleen agter die stuurstange van sy Land Rover onderneem.

Dit is vanjaar 40 jaar ná die ongeluk. “Dit was ‘n botsing reg van voor tussen ek op my motorfiets en ‘n aankomende voertuig. Niemand het my ‘n kans op oorlewing gegee nie. Drie maande later was ek terug in ‘n motor,” vertel David in die ruim herewoning uit vergange jare op ‘n straathoek naby die middedorp. Sy vrou, Julia, deel in die gesprek en sê dis waar hulle Kersfees wou deurbring omdat Swakopmund so rustig is.

David (58) voer sy veldtog teen malaria (“Drive against Malaria”) reeds byna 20 jaar. Op sy huidige tog van Kameroen na Namibië, spesifiek Swakopmund, is in van die nagte in ‘n bra ongemaklike veldkajuit van sy Land Rover geslaap en is deur lande beweeg waar burgerlike onrus soos in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRC) heers. Sy reisgenoot was ‘n fotograaf van die graafskap Gloucester in Engeland, Ben Tolley.

Tolley was reeds in Caprivi met die voortsetting van sy Afrika-reis toe op Swakopmund met Robertson gesels is. Sy kosbaarste Afrika-materiaal op sy huidige reis was sy foto’s. Dit is alles nou diewebesit.

Teen die einde van Robertson se reis deur Afrika was Julia in België. Toe sy haar op Swakopmund by hom aangesluit het, was hy reeds beroof. Julia sê hulle het reeds na Swakopmund vir die Kersseisoen uitgesien omdat die vakansieoord so vreedsaam in hul ou herehoekhuis sou wees. Dis ‘n plek waar juis sy probeer om die oudhede te bewaar. Toe gebeur so ‘n ding. Die egpaar het die huis op Swakopmund net meer as ‘n jaar gelede gekoop.

‘n Land Rover is altyd sy ryding met die eerste so ‘n Afrika-reis wat in 1988 van Londen, daarna ‘n vaart oor die Middellandse See en toe ‘n tog op land tot in Kaapstad onderneem is.

“Ek bestuur my Land Rover self,” sê David beslis ondanks die verlies van ‘n been en ‘n arm.

Die einde van verlede jaar se reis het op 22 November begin en daar is deur vyf lande, Kameroen, Kongo-Brazzaville, die DRC, Angola en dan Namibië, beweeg.

David se heenreis het op 11 Desember op Swakopmund geëindig.

Die inbraak was die nag van 12 Desember. Die diewe het toegang tot die huis gekry deur die diefwering voor ‘n agterdeur te verwyder. ‘n Moontlikheid is dat die diewe die vakansiehuis van die Britte geruime tyd voor hul koms reeds in hul visier gehad het. ‘n Moontlikheid is selfs dat die diefwering feitlik deurgesaag of -gesny was sodat toegang maklik verkry kon word.

Die geld was in ‘n mobiele kluis wat deel van die toerusting op die Afrika-reis was. Deel van die diewe se buit was twee duur kameras, lense, geheuestokkies en twee hardeskywe met honderde foto’s van die afgelope Afrika-besoek. Volgens David was juis die foto’s van die kosbaarste besit, omdat dit as promosiemateriaal vir die voortsetting van sy stryd teen malaria sou dien.

Onderskrifte

David en Julia Robertson en sy vrou Julia in die tuin van hul ou herehuis op Swakopmund. Dit is die huis waar die internasionale weldoener met sy strtyd teen malarfia van kosbare besit besteel is. Foto Anneli Erasmus

So werk David Robertson in sy stryd teen malaria. Muskietnette word aan inwoners van lande verskaf waar malaria steeds baie lewes eis. Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 22.97 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.17 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.18 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 376.96/OZ DOWN -0.0063 | Copper US$ 4.84/lb DOWN -0.0108 | Zinc US$ 2 979.80/T DOWN -0.15% | Brent Crude Oil US$ 83.81/BBP UP +0.65% | Platinum US$ 1 061.11/OZ DOWN -0.0082 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.97 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.17 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.18 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 376.96/OZ DOWN -0.0063 | Copper US$ 4.84/lb DOWN -0.0108 | Zinc US$ 2 979.80/T DOWN -0.15% | Brent Crude Oil US$ 83.81/BBP UP +0.65% | Platinum US$ 1 061.11/OZ DOWN -0.0082