Diescho: Gee die opname van CC-vergadering

‘Geingob nie stamgebonde’

06 September 2018 | Regering
Jemima Beukes – Prof. Joseph Diescho het Swapo uitgedaag om ’n opname van die Sentrale Komitee (CC)-vergadering beskikbaar te maak, wat op die vooraand van Heldedag op Rundu plaasgevind het.

Tydens dié vergadering het president Hage Geingob glo ’m bespotting van hom gemaak.

Swapo het vroeër hierdie week ’n mediakonferensie gehou waartydens ontken is dat Diescho enigsins by die vergadering bespreek is.

Vir die eerste keer sedert haar aanstelling as die party se inligting- en mobiliseringsekretaris in Maart vanjaar, het me. Hilma Nikanor die media toegespreek en uitgedaag oor Diescho se aantygings. Geingob is nie stamgebonde nie, het sy gesê.

“Ons kan nie toelaat dat daar vir geen goeie rede met ons leiers gespot word of dat hulle beledig word nie. Daar moet gee twyfel daaraan wees dat ons leiers gerespekteer moet word nie.

“Hulle is immers deur mense in hierdie posisies aangestel,” het sy gesê.

“Ons daag Diescho uit, as hy in feite glo, om sy sogenaamde informante te onthul. Ons raai hom voorts aan om homself by opbouende kwessies te betrek eerder as om sy waardevolle tyd te mors.”

Diescho het egter gesê lede van die CC, van wie sommige familie van hom is, het hom betroubaar ingelig oor wat die president gesê het.

Volgens hom het hulle hom meegedeel dat Geingob sy aanval begin het deur ’n onlangse toespraak aan te haal wat Diescho by ’n plaaslike kerk gelewer het.

“Ek het dit nie gehoor nie, maar ek is meegedeel die president het gesê ek het hom by Nipam (die Namibië Instituut vir Openbare Administrasie en Bestuur) teleurgestel en gefaal, en dat hy my daarom laat verwyder het.

“Ek is vir een ding dankbaar en dit is, as hy só gesê het, hy uiteindelik erken het dat dit op sy bevel was dat ek verwyder is. As ek ’n dwaas was, moes hy as leier president leiding geneem het en my tereggewys het,” het Diescho gesê.

Diescho is in Desember 2015 by Nipam afgedank daarvoor dat hy hom na bewering nie ondergeskik gestel het nie, vir die verbreking van sy dienskontrak, mededinging met die werkgewer en nienakoming van die Nipam-bestuursraad se besluite.

Volgens Diescho is dit nie die eerste keer wat die president ontevrede met hom was nie. Geingob het hom glo in 2016 tydens ’n toespraak met gewapende magte op Grootfontein sleggepraat.

Die voormalige minister van verdediging, mnr. Nahas Angula, het dié voorval Dinsdag aan Republikein bevestig, en het bygevoeg hy is bekommerd daaroor dat die president van ’n onvanpaste platform gebruik gemaak het.

“Ja, ek weet die president het met soldate op Grootfontein oor Diescho gepraat. Ek was bekommerd, want wanneer die president – wat hulle opperhoof is – met gewapende magte praat, sien hulle dit wat hy sê as ’n bevel,” het Angula gesê.

In 2008, toe Geingob nog Swapo se adjunkpresident was, het hy Diescho tydens ’n politieke saamtrek op Outapi aangeval, en hom as ’n “intellektuele prostituut” uitgemaak.

Dit het gebeur ná Diescho hom oor sy en wyle mnr. Theo-Ben Gurirab se posisie in Swapo bevraagteken het.

Soortgelyk

 

Afrika-lied kom tuis in Namib

19 ure gelede | Kuns en vermaak

Elvira Hattingh - Die Duits-Namibiese kunstenaar Max Siedentopf het wêreldwyd opslae gemaak met ‘n kunsinstallasie in die Namib wat Toto se bekende liedjie “Africa” oor...

CoW verloor ronde teen baas

19 ure gelede | Regering

Denver Kisting - Die geskorste uitvoerende hoof van die Windhoekse stadsraad (CoW), mnr. Robert Kahimise, het 'n ronde teen sy werkgewer gewen.CoW sal waarskynlik binne...

Sowat 7 000 skeepspassasiers sak op Walvis toe

19 ure gelede | Toerisme

Geskiedenis is gister gemaak toe vier groot passasierskepe in die Walvisbaai-hawe op anker gelê het en sowat 7 000 internasionale reisigers op die hawedorp toegesak...

Herstel internet, toegang tot sosiale media in Zim

19 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Om mense in Zimbabwe die gebruik van internetdienste te ontneem, is ‘n skending van hul menseregte en benadeel die ekonomie.“Ons raam die...

Weer vir 17 Januarie 2019

19 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die ||Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele donderbuie oor die sentrale,...

Jong Namibiër maak biomediese deurbrake

19 ure gelede | Gesondheid

Denver Kisting - Sy twee jonger sibbe se worsteling as kinders met asma het ’n jong Namibiese ingenieur aangespoor om ’n toestel te ontwerp wat...

Lui-lui telefoon

19 ure gelede | Tegnologie

Telecom Namibia se landlyne in Windhoek was sedert Dinsdag buite werking. Mnr. Oiva Angula, Telecom Namibia se hoof van korporatiewe kommunikaise en openbare skakelwese, het...

Gedenkdiens gehou vir slagoffers van ongeluk

19 ure gelede | Plaaslik

’n Gedenkdiens vir ses van die sewe slagoffers wat onherkenbaar verbrand is tydens die ongeluk op 10 Augustus 2018, is Dinsdag op Otjiwarongo gehou. Die...

Meer as N$2 miljoen se stukkende verkeersligte

19 ure gelede | Regering

Die hoofstad se munisipaliteit het in 2018 meer as N$2 miljoen bestee om stukkende verkeersligte te herstel nadat dit in padongelukke beskadig is.Mnr. Harold Akwenye,...