Diergaardt tevrede met o.20-talent
Rugby
Andrew Poolman - ’n Oefengroep van 38 rugbyspelers is gister aangekondig na afloop van laas Saterdagoggend se nasionale o.20-proewe in die Hage Geingob-stadion.
Die Namibiese o.20-afrigter, mnr. Johan Diergaardt, sê hy was bly dat meer spelers as verwag hul opwagting by die proewe gemaak het.
Sy oefengroep wemel van spelers wat reeds vanaf skoolvlak uitgestyg het om vir nasionale ouderdomspanne te speel.
Diergaardt het gesê die plaaslike spelers begin vandag oefen en die volledige groep se oefenkamp word vir die naweek van 2 Maart in Windhoek beplan. “Ons wil die toergroep daar finaliseer. Dit laat vier weke voordat ons speel,” het hy gesê.
“Ons sal nog hard moet werk aan die kondisionering, maar die manne is mos jonk en word mos vinnig fiks.”
Namibië verdedig sy status as kampioen van die Barthes-bekertoernooi vir Afrika-spanne vroeg in April teen sy uitdagers Senegal, Zimbabwe en die gasheerspan Kenia in Nairobi.
Die wenspan dring deur om later vanjaar aan Wêreldrugby se Onder 20 Trofee-toernooi in Brasilië te gaan deelneem.
“Ons is nog maar met die beginstadiums besig en ek kan my dus nog nie oor enige verwagtinge uitspreek oor wat in Nairobi voorlê nie.”
Ná die proewe het Diergaardt ook gesê hy is oorwegend tevrede met die talent wat hy in al die posisisies tot sy beskikking het.
“In posisies wat vandag dun gelyk het, soos losskakel, het ons gelukkig bewese spelers wat in Suid-Afrika aan universiteite en rugby-akademies verbonde is. Hoewel hulle nie die proewe kon bywoon nie, het hulle verslae van hul krag- en kondisioneringsafrigters aangestuur.”
Die oefengroep is:
Stutte: Bjorn Asmundsson, Gerhard Opperman, Chris Swanepoel, Ethan Thiart, Jurgen-Leigh Human.
Hakers: Chemigan Beukes, Shaun van Wyk, Zander de Klerk.
Slotte: Pieter-Daan Kok, Jaden Beukes, Brendan Nortjé, Francois Visagie.
Losvoorspelers: Gilad Plaatjies, Bernhardt Wessels, Amutenya Amutenya, Roaldo Rittmann, Max Anderson, Lorenzo Groenewaldt.
Skrumskakels: Jacques Theron, Miquel Bush, Danie van der Merwe.
Losskakels: Johannes Moveya, Denzo Bruwer, Renier Benade, Delron Brandt.
Senters: Le Roux Booysen, SJ Louw, Randal Maasdorp, Kieran Diergaardt, Gerswin Mouton.
Vleuels: Lincoln Beukes, Daniel Hummel, Elmarco Beukes, Zinzan Steenkamp, Darryl Wellman.
Heelagters: Franklin Busch, Ashton Mukwiilongo, Aljarreau Zaahl.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie