Diergaardt: 'Nuwe helde nodig vir WB 2023'

Hy sien uit na die nuwe uitda­ging om die spelersgroep te slyp wat die land se rugbydrome najaag, sê die hoofafrigter.
Andrew Poolman
Andrew Poolman



Die onthulling van Johan Diergaardt gistermiddag as afrigter van die Namibiese rugbyspan vir die vierjaarsiklus tot die 2023 Wêreldbeker was grootliks te wagte.

Die Namibië Rugby-unie (NRU) se president, mnr. Corrie Mensah, het gesê die uitvoerende komitee het op Diergaardt as opvolger vir Phil Davies besluit, nadat drie ander buitelandse kandidate ook op 'n kortlys voorgelê en aan onderhoude (via Skype) blootgestel was.

Die ander drietal op die kortlys was Jonathan Mokuena (uitgetrede Blitsbokkaptein wat vir Pukke en Noordwes Luiperds afgerig het), ene Wilbur Kraak ('n klubafrigter in die Kaap) en Antonio Aguilar (voormalige nasionale sewesafrigter van Portugal).

Diergaardt was glo die enigste Namibiër tussen die altesame 18 aansoekers vir die pos as hoofafrigter.



SY REKORD

Agt rugbyseisoene het verloop vandat Diergaardt in 'n vorige termyn (Januarie 2010 tot September 2011) die nasionale afrigter was. Hy het onder meer die span na die 2011 Wêreldbeker in Nieu-Seeland geneem.

Uit die twaalf toetse waarin hy aan die stuur was, was geen in die Rugby Afrika-kompetisie nie, nadat sy voorganger John Williams reeds einde 2009 die kwalifiserende WB-veldtog suksesvol gelei het.

Desondanks het Diergaardt 'n skaflike internasionale vertoningslys, met die hoogtepunt Namibië se enigste wenspan in die Wêreldrugby Nasiebekertoernooi (2010 in Roemenië), wat danksy seges teen Roemenië, Georgië (beide eerstes vir Namibië) en Skotland-A behaal is.

Nog 'n wentoets was teen Portugal by die volgende jaar se toernooi.

Sy verloortoetse was teen Fidji, Samoa, die Springbokke en Wallis (almal tydens die 2011 Wêreldbeker), wegtoetse teen Portugal, Spanje en Georgië, asook sy debuut teen Rusland in Windhoek in Januarie 2010.

Selfs wanneer hy nie nasionale afrigter was nie, het Diergaardt as 'n student van die spel en patriotiese Namibiese ondersteuner elke Wêreld­bekertoernooi vanaf Frankryk 2007 (die eerste een as sameroeper van die nasionale keurkomitee) tot Engeland 2015 bygewoon.

Juis hierdie voortdurende opdatering van sy afrigterskwalifikasies, vaardighede en ondervinding het die NRU se uitvoerende komitee vertroue gegee dat hulle die regte man beet het.

Sy meer onlangse werk het sy merkwaardige en eiesoortige metamorfose van FNB Universiteit ingesluit – van 'n onderpresterende klub wat nooit 'n semifinaal in die premierliga kon haal nie, tot onstuitbare kampioene van 2015, 2016 en 2017, voor dramatiese kompeterende nederlae in die semifinaal in 2018 (FNB Wanderers) die finaal in 2019 (Trustco United).

In elkeen van hierdie jare het Unam boaan die puntelys van die ligafase klaargemaak. Tussenin was daar ook 'n onafgebroke streep van 37 oorwinnings wat die opposisie met tye radeloos gehad het. Hierdie groeifase het tot Unam se eerste betekenisvolle gros van sewe verteenwoordigers in laasjaar se Wêreldbekergroep na Japan bygedra.



PROVINSIAAL EN TOETSE

Met Diergaardt se onmiddellike taak om die Welwitschias op die provinsiale SuperSport-reeks voor te berei, was hy reeds sedert einde verlede jaar in waarnemende hoedanigheid besig.

Diergaardt sal die Welwitschias vir die komende reeks afrig waarin die wedstrydprogram soos volg is: Blou Bulle in Windhoek (25 April), Goue Leeus in Johannesburg (2 Mei), Griekwas in Kimberley (9 Mei), Griffons in Windhoek (16 Mei), Luiperds in Potchefstroom (23 Mei), Pumas in Windhoek (30 Mei) en Valke weg (6 Junie).

Op dieselfde 30 Mei begin Rugby Afrika se toetsseisoen ook – vir Namibië met 'n tuisstryd teen Zambië.

Die ander toets in die groepfase sal op reis teen Madagaskar (28 Junie) wees, voor die semifinaal in Julie en eindstryd op 1 Augustus.

Volgens Mensah wag Namibië nog op die verwagte uitnodiging na vanjaar se Wêreldrugby Nasiebeker, van wie die gasheerland nog nie aangekondig is nie.



GROEI MET DIE JARE

Hy het die afgelope jare intensief gewerk om homself as persoon en as afrigter te ontwikkel, het die 55-jarige Diergaardt gister aan Republikein gesê.

Dié proses het die bywoning van talle kursusse op eie koste, soos die verwerwing van sy Wêreldrugby Vlak 3 verlede jaar, ingesluit.

“Toe ek in 2010 op topvlak begin afrig het, was ek eintlik nog baie onervare en het maar redelik min geweet. Ek kon intussen by ander afrigters leer en my tegniese kennis uitbrei. Namate 'n mens ouer en meer verstandig word, verander jou uitkyk en jou prioritisering van dinge wat jy as belangrik ag.

“My lopie met Unam het my baie perspektief gegee. Ek is nou 'n ander mens en in 'n beter posisie om ervaring te kan terugploeg.”

Sy boodskap aan spelers en die rugbypubliek is dat dit tyd is om foute van die verlede te vergeet, minder ingesteld te wees om kritiek op te soek en om as 'n nasie hande te vat.

“Namibië het nou 'n nuwe groep helde nodig wat saam die pad vorentoe begin stap. Ons spelers moet nie tevrede wees om middelmatig te bly en bloot deelnemers by die Wêreldbeker te wees nie.

“Ons het in 2019 goed gevaar, maar ek glo ons kan nog voortdurend verbeter. Niemand van ons kan dit alleen doen nie; ons het elke individu se bydrae nodig. Ek is oop vir hulp en vir kritiek om ons prestasie te verbeter.”

Volgens Diergaardt lyk sake op die oefenveld reeds veel beter as 'n maand gelede. Sy ondersteuningspan tans bestaan uit Sergio de la Harpe (kondisioneringsafrigter), Innis Erasmus (fisioterapeut) en dr. Vernon Morkel (spandokter), wat almal van die 2019 WB oorgebly het.

“Ek sal die voorspelers afrig en ek bring Chrysander Botha in as verdedigingsafrigter.

“Nog twee of drie hulpafrigters kan dalk bykom vir skrumwerk en aanval, afhangend of my voorstelle goedgekeur word.”



ANDER ­AANSTELLINGS

Die NRU se ander aanstellings van afrigters was soos volg:

Nasionale o.20-span: Jood Opperman aangestel, nadat hy teen Chrysander Botha en Robbie Dickson opgeweeg is. Opperman was in 2013 ook afrigter van die land se junior span en het van 2014 tot 2018 Trustco United se eerste span gebrei.

Ideaal gesproke sal Namibië graag weer bestendigheid in die o.20-pos wil verkry, want sedert Roger Thompson se dae (2015 tot 2017) moes rondgeval word met láát ambulansjoppies vir Henry Kemp en daarna Johan Diergaardt.

Nasionale sewesspan: David Philander aangestel, nadat Ronaldo Pedro en Gerald Loubser ook op kortlys was.

Philander gaan dus voort nadat hy in 2019 as waarnemende breier reeds twee toernooie agter die blad het.

Spanbestuurders: Irvin Newman (nasionale span); Desiree Coetzee (Namibië o.20); Jacky Husselmann (Namibië sewes).

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%