Diepseevis spoel by Lüderitz uit
''n Klein vissie van sowat 4 cm het twee weke gelede op ''n strand naby Lüderitz uitgespoel en is uiteindelik as ’n Oxeye Oreodory (Oreosoma atlanticum) geïdentifiseer. Dié visse is ’n diepseespesie wat hoofsaaklik in die waters van Australië, maar ook in Suider-Afrikaanse waters voorkom. Die vissie wat uitgespoel het, is ’n babavis en nog baie oulik, terwyl die volwasse vis nie iets is wat jy in ''n gangetjie wil raak loop nie. Die spesies kom gewoonlik in ‘n diepte van 500 tot 1550 meter voor, met volwasse visse wat sowat 21 cm lank is.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie