Diep lesse in sterwende 'Kersvader' se gebaar
Vandeesweek se ware verhaaltjie oor die Kersgeskenke wat 'n sterwende man vir 'n klein dogtertjie gekoop is, laat harte oraloor die wêreld smelt.
Owen Williams, 'n pa van Wallis, het dié week getwiet oor sy buurman se goedhartige gebaar teenoor Owen se tweejarige dogter, Cadi.
Die familie se buurman, Ken, was in sy laat tagtigs. Oupa Ken was die laaste twee jaar voor sy onlangse dood gek oor Cadi.
Toe, Maandagaand, klop oupa Ken se dogter aan die Williamse se deur met 'n verrassing van haar oorlede vader.
Die dogter het 'n groot plastieksak in die hand gehad. In die sak was individueel toegedraaide Kersgeskenke wat Ken vir die volgende 14 jaar vir “ons” dogter gekoop het – genoeg totdat sy 16 jaar oud word.
“Hy het ons altyd vertel hy wil leef tot hy 100 is om te sien hoe Cadi grootword,” het Owen getwiet.
Owen sê hy en sy vrou wou rêrig al die geskenke hou en elke Kersfees 'n “geskenk van oupa Ken” aan Cadi gee – maar niemand weet vir watter ouderdom die toegedraaide geskenke bedoel is nie.
Owen het toe 'n Twitter-peiling geplaas: Moet ons alles nou oopmaak en van nuuts af toedraai, of speel ons die gelukstrekking tot 2032?
Die stem van die (meer as 67 000) mense was met 'n 69%-meerderheid: Bly geduldig en maak elke jaar een geskenk oop.
“Jy moet elke jaar een geskenk oopmaak – dit was die hele bedoeling. As jy nou alles oopmaak, is daai oomblikke vir altyd daarmee heen en sal jy dit nooit ervaar nie. Sy gebaar om elke geskenk toe te draai om jou dogter te verras, het meer waarde as enige geskenk,” was een waarnemer se aanbeveling.
Die gesin kon steeds nie die versoeking weerstaan om darem net een geskenk oop te maak nie. Die een wat hulle gekies het, was 'n kinderboek, Christmas Eve at the Mellops, deur Tomi Ungerer.
Die storie van die Kersgeskenke het soos 'n veldbrand versprei en Owen het algaande meer gedeel oor die ware gentleman wat vir twee jaar langsaan gewoon het.
“Ken was tevore 'n reddingsduiker, 'n seeman, 'n timmerman en 'n bakker. Die eerste keer dat ek hom ontmoet het, het hy aan die bopunt van 'n 20-voet leer voor sy huis gestaan. Hy was daai tyd 83 jaar oud.”
Oupa Ken het graag trekklavier gespeel, maar was ook 'n avontuursoeker van formaat. Op 85 het hy besluit om 'n reeks uitdagings aan te pak – onder meer om op 'n vliegtuig se dak te staan en om oor sy tuisdorp valskerm te spring.
Nuusartikels oor Ken se avonture het in plaaslike koerante verskyn. Hy is geïdentifiseer as Ken Watson en hy het vertel hy jaag op sy gevorderde leeftyd hierdie opwinding na om sy eensaamheid as wewenaar te verdryf.
Oupa Ken was 'n waaghals, maar het ook 'n sagte hart gehad. Williams sê: “Ons hond was lief vir hom. Ek bedoel 'n ware, diep, instinktiewe liefde. Dit was hoofsaaklik as gevolg van die sjokoladegeur beskuitjies wat hy hom met hul eerste ontmoeting gegee het. Ons hond het altyd van opgewondenheid geskree wanneer sy hom sien.”
Op sy beurt het oupa Ken die hond altyd “my liefling” en “liefie” genoem.
En natuurlik het Ken 'n sagte plek gehad vir klein Cadi, wat nou elke jaar 'n onvergeetlike Kersgeskenk gaan ontvang totdat sy 16 is.
Cadi is dalk nog te jonk om nou te verstaan, maar sy sal vir seker lank oupa Ken se goedhartigheid onthou. So ook die duisende mense wat Owen Williams se storie oor sy onbaatsugtige buurman lees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie