u2018Diep kommeru2019 oor NBC se geldsake
u2018Diep kommeru2019 oor NBC se geldsake

‘Diep kommer’ oor NBC se geldsake

Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy – Die NBC benodig maandeliks minstens N$30 miljoen om al sy verpligtinge na te kom, maar sy staatsubsidie en eie inkomste beloop sowat N$22 miljoen.

Hy is “diep bekommerd”: Dit lyk asof die NBC se begrotingsplan wat aan die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie voorgelê is, verskil van die een wat by die ministerie van finansies gaan draai het, het die nasionale uitsaaier se direksievoorsitter, mnr. Sven Thieme, aan Republikein gesê.

Thieme het reageer op die NBC se geldkrisis en werknemers se mediesefonds- en pensioenbydraes wat nie oorbetaal is nie. Dit het onder meer tot die opskorting van werknemers se mediesefondsdekking by Namibia Medical Care (NMC) gelei en die NBC moes na Renaissance Health skuif.

Volgens die NBC se bedryfshoof, me. Umbi Karuaihe-Upi, het die uitsaaier ‘n staatsubsidie van N$252 miljoen vir die huidige boekjaar versoek. Bykans N$179,6 miljoen is in die nasionale begroting toegestaan. Hiervan moes N$40 miljoen egter vir “ou skuld” gebruik word, wat die NBC met ‘n staatsubsidie van sowat N$139 miljoen vir 2017-’18 laat, het Karuaihe-Upi aan Republikein gesê.

Dit beteken sowat N$11,6 miljoen maandeliks. Die NBC beoog om vanjaar N$126 miljoen se inkomste self te genereer, rofweg sowat N$10,5 miljoen per maand. Dit beteken ‘n maandelikse inkomste van ongeveer N$22 miljoen. Om ‘n onderneming soos die NBC te bedryf, kos egter “minstens N$30 miljoen per maand”, sê Karuaihe-Upi.

Thieme sê die kwessie van die “skerp besnoeiing”van staatsubsidies is ‘n geruime tyd gelede met die relevante belangehebbers bespreek.

“Dit kon nooit op ons (begrotings)voorlegging geskoei wees nie. Die NBC se begroting is die afgelope twee jaar met N$200 miljoen gesny. Nodeloos om te sê, is die huidige situasie die gevolg daarvan,” sê hy.

‘Prioritiseer’

Die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, het gister by navraag gesê die NBC se geldsake word nie “mikrobestuur” nie.

‘n Plafon word eenvoudig op die geld geplaas wat aan begrotings toegeken word, en moet dan self deur entiteite soos die NBC onder onderskeie uitgawes verdeel word. As die NBC nie genoeg geld vir uitgawes soos salarisse het nie, is dit nie die ministerie van finansies se skuld nie. “Dit is vanweë verkeerde verdeling. Uitgawes moet geprioritiseer word,” sê Schlettwein.

Hy hou voet by stuk dat die NBC se versuim om werknemers se pensioen- en mediesefondsbydraes oor te betaal, gelykstaande aan “diefstal” is.

Pensioen- en mediesefondsbydraes is deel van ‘n werknemer se bruto salaris. ‘n Bruto salaris is die “eiendom” van ‘n werknemer, sê Schlettwein. Die werkgewer is bloot die “agent” wat die bydraes aan die pensioen- en mediese fonds moet oorbetaal.

“As jou mediesefondsdekking gekanselleer word omdat iemand anders jou bydraes gevat het, is jy die slagoffer.”

‘Nié diefstal’

Na die NBC se mening het “diefstal niks te doen met wat ons hier het nie”.

“Hoe kan jy iets steel as daar niks is nie?” sê Thieme.

Karuaihe-Upi sê die NBC het nie werknemers se mediesefondsbydraes gebruik om salarisse te betaal nie. “Hoe kan ons geld gebruik wat nie daar is nie? Ons moet ‘n keuse maak met die beperkte geld wat ons het. Ons moes salarisse of derde partye betaal het,” sê sy.

Op ‘n vraag of opgetree gaan word teen diegene wat nie die bydraes oorbetaal het nie, sê Thieme: “Die bestuur het sy bes gedoen om die bietjie beskikbare geld te bestuur. So ons is nie seker watter gevolge daar moet wees nie.”

NMC-skuld

Volgens Thieme is geen bykomende geld intussen van die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie ontvang nie.

Gevolglik staan die ooreenkoms met NMC om weekliks N$50 000 terug te betaal totdat die agterstallige skuld van sowat N$15 miljoen gedelg is. Dit sal byna ses jaar neem.

Op ‘n vraag wat die rentekoers op dié skuld is en hoeveel die NBC uiteindelik aan NMC sal terugbetaal, het Thieme geantwoord: “Sodra die NBC ten volle gefinansier is ingevolge die voorgestelde plan van die direksie aan die belanghebbendes, raak dié vraag akademies.”

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%