'Dienaar van die mense'

Vriende, familie en verskeie hooggeplaastes het Vrydag op Ondangwa die lewe van die Namibiese ikoon, mnr. Herman Andimba Toivo ya Toivo, gevier.
Festus Nakatana
Ileni Nandjato - Duisende mense van oor die hele noorde van Namibië heen, sowel as buurland Angola, het Vrydag op die Ondangwa-lughawe vergader om die oorskot van die voormalige vryheidsikoon, mnr. Herman Andimba Toivo ya Toivo, te verwelkom en 'n gedenkdiens in sy eer by die handelskousentrum op die dorp by te woon.
Vir vele was hy 'n lojale, nederige en patriotiese man wat altyd tyd vir gewone mense gemaak het.
Ya Toivo, wat op 22 Augustus 1924 in die Omangundu-nedersetting naby Onyaanya in die Oshikotostreek gebore is, het op 9 Junie in die ouderdom van 92 in Windhoek gesterf. Hy sal die naweek by die Heldeakker buite Windhoek ter ruste gelê word.
Die voormalige eerste minister en afgetrede politikus, mnr. Nahas Angula, het tydens die gedenkdiens gesê dis op Ondangwa waar Ya Toivo sy vryheidstryd ná sy terugkeer van die Tweede Wêreldoorlog begin het.
“Saam met ander vroeë leiers van die vryheidstryd het hulle 'n netwerk van verbindings tussen die nedersettings opgestel. Dit is wat OPO (Swapo) mag gegee het. Was dit nie vir dié netwerk nie, sou die vryheid­stryd baie swaarder gewees het,” het Angula gesê.
Die minister van veiligheid en sekuriteit, generaal-majoor (afgetree) Charles Namoloh, het tydens dieselfde geleentheid gesê 'n besluit is geneem om aan die publiek wat nie Ya Toivo se staatsbegrafnis eerskomende naweek in Windhoek kan bywoon nie, die geleentheid te gun om hom op Ondangwa vir oulaas te groet.
Ya Toivo het met sy terugkeer ná die oorlog as 'n kontrakarbeider gewerk voordat hy as medestigter die Owambo People's Organisation (OPO) in 1959 begin het. Dit sou die volgende jaar die South West African People's Organisation (Swapo) word.
Ya Toivo het 16 jaar op Robben-­eiland in Suid-Afrika deurgebring waar hy saam met die Suid-Afrikaanse vryheidsikoon mnr. Nelson Mandela aangehou is. In 1984 is hy vrygelaat en sluit Ya Toivo in ballingskap in Lusaka, Zambië, weer by Swapo aan. In 1989 keer hy terug na Namibië waar hy as parlementslid die land gedien het.
Die 86-jarige me. Selma Shilongo en die 80-jarige me. Martha Elia het onderskeidelik van die Iikango- en Oshamba-­nedersetting in die Oshi­kotostreek gereis om die gedenkdiens by te woon van hul vriend wat vir hulle 'n mentor was.
“In ons grootwordjare was Ya Toivo vir ons soos 'n groot broer vir die hele gemeenskap. Ons het op hom staatgemaak vir hulp. Toe hy ná onafhank­likwording 'n minister word, het hy ons nie vergeet nie. Wanneer hy ook al die Noorde besoek het, het hy altyd vir ons tyd gemaak en vir ons geskenke gebring. Die laaste keer wat ek hom gesien het, was verlede maand by 'n troue op Omuthiya. Hy het gesê hy is nou oud en kon nie meer tyd maak om ons te besoek nie,” het Elia gesê.
Shilongo het gesê hoewel Ya Toivo hulle nie besoek het nie, het hy altyd tyd gemaak om hulle te bel.
“Hy sou my bel en ons sou gesels, partykeer tot vir 'n uur en langer. Hy het ons altyd raad gegee oor hoe om ons kinders groot te maak. Ek het 'n vriend verloor waarop ek kon staatmaak.”
Volgens 'n bekende sakeman van die Noorde, mnr. Erastus Mvula Kakololo, was Ya Toivo 'n dienaar van die mense van Namibië, meer as wat hy selfs vir sy familie was.
Ya Toivo word oorleef deur sy vrou, Vicky, twee dogters en 'n broer en 'n suster. Sy familie het hom beskryf as 'n plat op die aarde mens wat altyd tyd ingeruim het om familiebyeenkomste en ook sy kinders se aktiwiteite by te woon.
Baie van die sprekers het Ya Toivo se gedenkdiens gebruik om die jeug aan te moedig om die nalatenskap van ikone van die vryheidstryd na te volg.
Die goewerneur van die Kunene-provinsie in suidelike Angola, mnr. Kundi Paihama, die afgetrede Anglikaanse biskop Shihala Hamupembe en mnr. Peter Iilonga het elk 'n beroep op die jeug gedoen om gedissiplineerd te wees.
Angula het ook 'n beroep op Swapo-lede gedoen om nie die naam van die party vir materiële redes te gebruik nie.
“Ons moenie in die naam van Swapo die slagoffers van materialisme wees nie. As jy materieel wil voordeel trek, sluit by die sakesektor aan, moenie dit deur die party wil doen nie,” het hy gemaan.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.8 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.21/OZ UP +0.28% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.32% | Zinc US$ 2 859.00/T UP 0.03% | Brent Crude Oil US$ 89.07/BBP UP +0.19% | Platinum US$ 911.53/OZ DOWN -0.0048 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.8 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.21/OZ UP +0.28% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.32% | Zinc US$ 2 859.00/T UP 0.03% | Brent Crude Oil US$ 89.07/BBP UP +0.19% | Platinum US$ 911.53/OZ DOWN -0.0048