Die wêreld rook minder
Namibië is een van 14 lande wat groot, grafiese waarskuwings op tabakprodukte vertoon.
Henriette Lamprecht - Sowat vyf miljard mense wêreldwyd, insluitende Namibiërs, leef in ‘n land met ‘n verbod op rook in openbare plekke, grafiese waarskuwings op tabakprodukte en ander doeltreffende tabakbeheermaatreëls.
Dit is vier keer meer as ‘n dekade gelede.
Die gebruik van tabak het ook in die meeste lande afgeneem, maar weens bevolkingsgroei beteken dit die totale aantal mense wat rook, bly buitensporig hoog.
Tans is daar ‘n beraamde 1,1 miljard rokers, waarvan 80% in lae- en middelinkomstelande soos Namibië woon. Namibië is ook een van 14 lande wat groot, grafiese waarskuwings op tabakprodukte vertoon.
Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se jongste verslag oor die wêreld- tabakepidemie is dié maatreëls nie voldoende nie en behoort meer gedoen te word om mense te help om op te hou rook.
Baie lande het ook nie voldoende beleidsrigtings om mense te help om op te hou rook en sodoende lewens te red nie.
Dié sewende verslag oor tabak ontleed nasionale pogings om die kostedoeltreffendste maatreëls te implementeer, wat in die WHO se raamwerkkonvensie vir tabakbeheer vervat is.
Die maatreëls het bewys dit red lewens en verminder koste deur die uitgawes van gesondheidsorg te beperk.
Die verslag fokus veral op die vooruitgang wat lande gemaak het daarin om mense te laat ophou rook.
Die WHO se direkteur-generaal, dr. Tedros Ghebreyesus, het beklemtoon lande behoort ophou rook-dienste te bied in ’n poging om hul burgers van universele gesondheidsdekking te verseker.
“Om op te hou rook is een van die beste goed wat enigiemand vir sy eie gesondheid kan doen,” het Ghebreyesus gesê.
Hy het verwys na die MPOWER-pakket wat regerings die praktiese toerusting bied om mense te help om die gewoonte te staak en sodoende jare by hul lewens te voeg.
Sowat 2,4 miljard mense leef volgens die verslag tans in lande wat dié dienste wel verskaf – twee miljard meer as in 2007.
Die WHO se wêreldambassadeur vir nie-oordraagbare siektes en beserings en stigter van Bloomberg Philanthropies, Michael Bloomberg, sê die verslag toon regeringsgeleide pogings is suksesvol wanneer dit doeltreffend geïmplementeer word.
“Meer lande gee voorkeur aan tabakbeheer en red lewens, maar daar is nog baie werk om te doen. Die WHO se nuwe verslag laat die soeklig op wêreldwye pogings val om mense te help om op te hou rook, en dit lig ook van ons belangrikste vooruitgang uit,” het Bloomberg gesê.
Die verslag, wat ook deur Bloomberg Philanthropies gefinansier is, toon slegs 23 lande beskik oor beleidsrigtings vir mense om van rook afstand te doen, 116 meer verskaf ten volle of gedeeltelike dienste in sommige of die meeste gesondheidsgeriewe en ‘n verdere 32 bied dienste wat nie gratis is nie.
Dit verwys ook na lande soos Benin en Burundi wat wette aanvaar het wat rook in alle openbare binnenshuise areas en werkplekke verbied.
Lande soos Barbados, Kameroen, Kroasië, Pakistan en Saoedi-Arabië het nou ook groot grafiese waarskuwings op tabakprodukte.
In die Demokratiese Republiek die Kongo en Saoedi-Arabië geld ‘n omvattende verbod op die advertering en bemarking van tabakprodukte, asook borgskappe daarvoor.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie