Die week se resep: rTuisgemaakte malvalekkers
Die week se resep: rTuisgemaakte malvalekkers

Die week se resep: Tuisgemaakte malvalekkers

Elvira Hattingh
Die week se resep is van alstuisgemaak.blogspot.com en wys jou hoe om die gesogte lekkerny te maak. Dit beloof om varser en lekkerder te wees as dié wat uit gekoopte pakkies kom en lewer sowat 65 blokkies.

Bestanddele
30 ml gelatien
125 ml koue water
500 ml strooisuiker
125 ml kookwater
rooi voedselkleursel
10 ml vanieljegeursel
Versiersuiker om lekkers in te rol

Maak só
Spuit ’n 2,5 liter-bak met kleef­werende kossproei. Week die gelatien in die koue water tot sponsagtig. Verhit stadig tot heeltemal opgelos.
Voeg die res van die bestanddele by, behalwe die voedselgeursel, vanieljegeursel en versiersuiker, en klits vir 7 tot 10 minute lank met ’n elektriese klitser totdat die mengsel begin verdik. Kleur met ongeveer 12 druppels rooi voedselkleursel. Voeg ook die vanieljegeursel by. Meng goed en giet in die voorbereide bak sodat die mengsel sowat 1,5 cm diep daarin lê. Plaas in yskas tot gestol en sny in blokkies. Rol in versiersuiker.

Deel jou resep
Het jy ’n resep wat jy graag met lesers wil deel? Stuur dit na [email protected] of faks dit na 061 223 721, vir aandag Elvira. Stuur ’n foto van die dis saam en vertel ons ook waar jy die resep gekry het.

Kommentaar

Republikein 2026-10-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer