Die week se resep Outydse souskluitjies
Die heerlike resep van www.boerekos.com is smullekker en beloof om die nostalgie terug te bring.
Bestanddele
250 ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
1 ekstra groot eier, of 2 medium eiers
50 ml botter
100 ml vars melk
Knippie sout
Bestanddele vir stroop
700 ml water
25 ml botter
Kaneelsuiker
Maak só
Sif droë bestanddele saam. Vryf die botter in die mengsel met jou vingerpunte totdat dit soos broodkrummels begin lyk. Klits die eier en melk saam, voeg dit by die meelmengsel. Meng goed deur.
Bring water en 25 ml botter tot kookpunt. Skep dan lepelsvol van die sagte deeg in die kokende water. Sit die deksel op die kastrol en bring tot kookpunt. Stel die plaat op die laagste hitte en kook vir sowat 20 minute lank. Belangrik: Moenie die kastrol se deksel tydens die kookproses oplig nie.
Skep die kluitjies in groot bak, besprinkel liggies met kaneelsuiker. Voeg nou vinnig tien groot eetlepels kaneelsuiker met die oorblywende stroop in die kastrol en bring tot kookpunt. Hou aan roer totdat dit ’n lekker dik, stroperige sous vorm.
Giet dan die sous oor die kluitjies. Laat staan die kluitjies in die stroop vir 10 tot 15 minute voordat jy dit opskep. Bedien met warm tuisgemaakte vla.
Deel jou resep
Het jy ’n resep wat jy graag met lesers wil deel? Stuur dit na [email protected] of faks dit na 061 223 721, vir aandag Elvira. Stuur ’n foto van die dis saam en vertel ons ook waar jy die resep gekry het.
Let asseblief daarop dat Kollig die weeklikse resepte van verskeie bronne ontvang en nie ’n waarborg op die korrektheid daarvan kan gee nie. Resepte word op eie risiko getoets. Gebruik goeie oordeel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie