Die week se resep: Karamel-melktert
Die week se resep: Karamel-melktert

Die week se resep: Karamel-melktert

Bestanddele 250 g Tennis-beskuitjies, fyn gedruk 200 g botter, gesmelt 1,5 liter (6 k) melk 200 g suiker 3 eiers 100 g meel 100 g mieliemeelblom 10 ml (2 t) vanielje-ekstrak 50 g botter ekstra 250 ml (1 k) melk 1 boksie (90 g) karamel-kitspoeding 250 ml (1 k) room 1 blik (360 g) karamelkondensmelk 1 blok (90 g) melksjokolade Maak so Meng die koekies met die gesmelte botter en druk dit in die bodem van 'n diep, vierkantige 30 cm-bak vas. Laat koel af tot benodig. Verhit 1 liter (4 koppies) van die melk met die suiker vir 10 minute in 'n groot mikrogolfbestande bak. Klits die eiers, oorblywende 500 ml (2 koppies) melk, meel, mieliemeelblom en vanielje-ekstrak in 'n ander bak tot glad. Meng die meelmengsel met die warm melk en mikrogolf vir 12 minute, terwyl jy elke 2 minute roer tot die mengsel dik is. Klits die botter in en laat afkoel. Klits die ekstra melk en kitspoeding saam. Klits die room in 'n ander bak tot sagte pieke vorm en vou dit by die kitspoeding in. Wanneer die vla afgekoel het, begin met die lae. Giet die vla oor die afgekoelde koekielaag, maak die karamelkondensmelk oor die vla glad en voeg dan die kitspoedingmengsel by. Rasper die sjokolade oor en verkoel oornag. Die tert moet oornag staan, moenie haastig wees met hom nie. Deel jou resep Het jy 'n resep wat jy graag met lesers wil deel? Stuur dit na [email protected] of faks dit na 061 223 721. Belangrik, meld asseblief waar jy die resep gekry het.

Kommentaar

Republikein 2025-12-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer