Die week se resep Blomkool en brokkoli slaai
Die heerlike resep vir blomkool en brokkoli slaai is veral lekker saam met braaivleis en ’n heerlike alternatief vir die gewone aartappelslaai. Dit kom van die Facebook-blad "Resepte".
Bestanddele
1 klein blomkool
1 klein brokkoli
250 gr gevriesde soetmielies (sweet corn)
250 gr gevriesde ertjies
1 klein ui fyn gekap
Sous
1 koppie mayonnaise
1/4 koppie kondensmelk of bruinsuiker
2 teelepels mostert (ek gebruik Hot German Mustard)
1 teelepel Tabasco
Aromat en swartpeper na smaak
Maak só
Gooi kookwater oor mielies en ertjies, dreineer dadelik. Sny blommetjies van blomkool en brokkoli af. Meng al die groente met gekapte ui in die slaaibak. Meng die bestanddele vir die sous goed saam en meng dit dan by die groente. Plaas dit vir ’n uur of wat in die yskas sodat die geure kan meng. Sit voor saam met braaivleis of hoender.
Deel jou resep
Het jy ’n resep wat jy graag met lesers wil deel? Stuur dit na [email protected] of faks dit na 061 223 721, vir aandag Elvira. Stuur ’n foto van die dis saam en vertel ons ook waar jy die resep gekry het.
Let asseblief daarop dat Kollig die weeklikse resepte van verskeie bronne ontvang en nie ’n waarborg op die korrektheid daarvan kan gee nie. Resepte word op eie risiko getoets. Gebruik jou eie oordeel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie