Die week se resep
Gazpacho met knoffelroom
“’n Gekookte tamatie is soos ’n gekookte oester: Geruïneer.” – André Simon, kosskrywer
Op ? warm somersdag is hierdie pikante gazpacho van www.elle.fr perfek vir ’n ligte middagete. Dit is kleurvol, gesond en vol sonskyn. Die byvoeging van room en tuisgemaakte croutons maak dit baie spesiaal.
Bestanddele: (bedien 4 tot 6)
Gazpacho
5 tamaties, geskil, ontpit en in blokkies gesny
1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
1 komkommer, geskil, ontpit en in blokkies gesny
2 selderystingels, in blokkies gesny
1 ui, gekap
3 snye baguette (Franse brood)
150 ml olyfolie
40 ml melk
1 teelepel Tabasco
1 eetlepel rooiwynasyn
Sout en peper na smaak
Meng die tamaties, soetrissie, komkommer, seldery, uie, gesnipperde brood, olyfolie, melk, Tabasco en peper in 'n groot bak. Bedek en verkoel vir 2-3 ure. Meng tot glad, voeg sout en asyn na smaak by. Voeg ? bietjie water by indien die mengsel te dik is. Hou verkoel totdat dit opgedien word.
Knoffelroom
1 knoffelhuisie
100 ml room
Maak die knoffel fyn en meng met die room in ? klein bakkie. Syg die knoffelroom deur ? sif en hou verkoel.
Knoffel-croutons
½ baguette
70 ml olyfolie
1 knoffelhuisie, fyngesny
Sout na smaak
Voorverhit die oond tot 180 grade Celsius. Sny die brood in klein blokkies. Meng die brood, olyfolie, knoffel en sout in ‘n groot mengbak. Plaas op ‘n bakplaat uitgevoer met bakpapier en bak vir 15 minute of tot goudkleurig. Sit eenkant om af te koel.
Bedien die gazpacho met knoffelroom en croutons.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie