Die waterkrisis en huishoudings
Wanneer daar ’n tekort aan water is, moet ons almal water bespaar. Hierdie besparings moet gemeet word.
Die belangrikste aspek van waterbesparing is dat daaglikse verbruik aangeteken moet word. Wanneer lae waterverbruik voorkom, moet ’n weeklikse waterlesing geneem word om verbruik te bepaal.
Lesings moet opgeskryf/aangeteken word om ’n historiese rekord te ontwikkel. Hierdie rekord is noodsaaklik om die verbruikspatroon van water te evalueer. Sodoende kan die doeltreffendheid van waterbestuur gemeet word.
Vir doeltreffende waterbestuur moet verbruik op alle aktiwiteite gemeet word. Elke verbruiksaktiwiteit kan op sy eie ontleed word om aksie/optrede en ’n doeltreffende verbruiksprogram te implementeer.
Gewoonlik is dit net een keer nodig om die beste verbruiksmetodes te identifiseer en dan in die toekoms daarby te hou.
HUISHOUDELIKE VERBRUIK
’n Gemiddelde huishouding gebruik daagliks tussen 70 en 90 liter water per persoon. Dit sluit spesiale en buitenshuise verbruik soos besproeiïng, watergebruik vir ’n swembad en so meer uit.
Navorsing dui daarop dat ’n gemiddelde huishouding 26,8% van water gebruik om die toilet te spoel, 21,7% om klere te was, 16,7% in die stort, 15,7% se water word by krane gebruik, by die bad 1,7% en 1,4% vir ’n skottelgoedwasser. ’n Gemiddelde van 13,7% van water kan verlore gaan weens lekkasies.
Die toilet(te) is dus die grootste binnenshuise waterverbruiker. Verskeie besparingsmetodes kan aangewend word.
Die spoel van die toilet(te) moet eerstens doeltreffend beheer word. ’n Spoelslag gebruik afhangende van die grootte van die toiletbak ses tot 12 liter water op ’n slag. Om ’n baksteen binne-in die bak te plaas, help klaar baie.
Die installering van spoelkeuseknoppe kan verbruik ook aansienlik help verminder.
Urinale vir mans bespaar ook heelwat water. Daar is ook waterlose urinale op die mark, wat drie tot ses liter per gebruik kan bespaar. Dit is 17 000 liters per jaar vir twee tot drie persone, oftewel een hele maand se waterverbruik.
Was- and skottelgoedmasjiene is meer doeltreffend as vol vragte gewas word. Bykomend is dit beter om omgewingsvriendelike was- en skottelgoedmasjiene te koop, wat minder water en minder krag gebruik.
In die badkamer kan baie water gespaar word.
Gebruik ’n beker om tande te borsel en maak dit ’n gewoonte on die kraan net half oop te draai. Oorweeg om water te hergebruik.
In die kombuis kan net so baie water gespaar word. Besin oor skottelgoedwas en -spoelgewoontes en weer eens die hergebruik van water.
LEKKASIES
Een van die groot sondaars is water wat gesiens en ongesiens wegloop.
Enige huishouding wat meer as drie kiloliter (kubieke meter) water per persoon per maand gebruik, gebruik of baie water in die tuin of het iewers ’n lekkasie(s).
Lees jou watermeter in die aand of voordat jy werk toe gaan, and lees die meter weer 4 tot 8 ure later gedurende ’n tydperk wanneer geen verbruik plaasvind. Die lesing behoort onveranderd te by.
Lekkasies kom dikwels by toilette voor.
Indien ’n lekkasie nie gesien kan word nie, moet die hulp van ’n professionele loodgieter verkry word.
Hoekom word so baie klem op waterbesparing gelê - veral op huishoudelike gebruik?
Huishoudings gebruik onder normale omstandighede 50% to 80% van water vir luukse of onnodige doeleindes. Besparingsmoontlikhede by die huis is dus baie groot.
Besighede, indien goed bestuur, sal die verbruik en koste van water so laag as moontlik hou. In gevalle word water steeds vermors.
’n Besparingskultuur by die huis behoort tot ’n besparingselement by die werk te lei. By die werk kan tussen 10% en 30% minder water gebruik word.
Kom ons soek en identifiseer dadelik lekkasies. Dit sal alreeds ’n reuseverskil maak.
• Bydrae verskaf deur die munisipaliteit van Windhoek se afdeling vir die bestuur van wateraanvraag. Lesers kan vrae oor waterbesparing aan Republikein stuur vir beantwoording deur die munisipaliteit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie